Staak die onredelike vervolging
Staak die onredelike vervolging

Staak die onredelike vervolging

Mandy Rittmann
FANIE KRUGER VAN SWAKOPMUND SKRYF:

Agbare, meneer die minister van vervoer, D/Commissioner Nampol Traffic Section en NamPol Traffic Regional Commanders.

Help tog asseblief die publiek reg, want ons verstaan nie so mooi nie. Hoe is dit moontlik, en/of waar kry julle die magte en bevoegdhede vandaan dat 'n verkeersbeampte 'n hofbeslissing, uitspraak van 'n landdros kan overrule en nog steeds die publiek terroriseer by padblokkades/voorstaandienste oor die addisionele ligte (LED) aangebring voor op voertuie.

Kyk tog asseblief na die deeglike uitlê van die wet.

In terms of Reg. 175 Headlamps - (Mounting of Additional lights.) Extraction of: - Regulation 175. (1) a person may only operate on a public road - (a) a motor vehicle, . . . if it is equipped in front “on each side of its longitudinal centre-line” with - in subparagraph (ii) and “an additional headlamp” capable of emitting a main beam . . ."

Die klagte in terme van regulasie 203, ligte nie omskryf, en waarop die mense aangekla word, is foutief, want regulasie 175 maak voorsiening vir twee addisionele ligte (LED, Hellogan, Hella, Bosch ens., en die maak van die ligte word nie omskryf nie) en nêrens maar nêrens is daar enige dokumente, SABS- of SANS-kodes wat LED-ligte verbied nie.

Groot asseblief, bewys my verkeerd, en plaas asseblief die bewyse dat LED-ligte onwettig is vir die publiek hier in die koerant. Vergeet die woorde “dangerous lights". Enige addisionele lig wat nie reg geplaas is nie sal 'n "dangerous light" wees.

Daar was al verskeie sake verhoor in die landdroshowe oor LED-ligte en "bars" voor aan voertuie aangebring as addisionele ligte, soos omskryf in terme van die RTTA en regulasies. In van die sake was die beskuldigdes onskuldig bevind, en andere sake is deur landdroste van die rol geskrap.

Nou, weer my vraag: wie gee enige beampte/amptenaar die mag om die hofuitsprake te ignoreer of verwerp, en die publiek nog steeds te vervolg? Ek was onder die indruk dat slegs die staat of die beskuldigde kan appelleer teen die uitspraak van die hof.

Agbare minister, wanneer gaan die probleem van die onregverdige en onredelike vervolgings op motorbestuurders stop?

Die ongelukke en dodesyfers neem elke week toe in Namibië, maar die statistieke bewys nie dat LED-ligte die oorsaak is nie. Nee, die oorsake is: dronkbestuur, spoed, verbysteek op gevaarlike draaie, teen bulte, oor sperstrepe, oorlaaide voertuie, ens.

Agbare minister, ten laaste. Die hartseerste is dat toeriste en besoekers uit die buurstate na hierdie onsmaaklike voorvalle by die padblokkades reguit sê dit was my laaste besoek aan Namibië. Het ons mooi land sulke onredelike optredes nodig, en/of is dit net 'n manier om toeriste weg te jaag?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!