Staal pakhuis wen SA-toekenning

Gerine Hoff
Die Namibiese maatskappy Krenz Consulting Engineers is onlangs as die wenner van die gesogte staaltoekennings in Suid-Afrika vir 2014 aangewys, en dít vir ’n 200-ton staal pakhuis wat dit op die hawedorp opgerig het.
Die pakhuis dien as stoor- en laaifasiliteit wat vir Rosh Pinah Zinc Corporation (RPZC) ontwerp en gebou is vir die grootmaat berging van sink en lood wat uitgevoer word. Tussen 25 000 en 30 000 ton van die produkte kan in die pakhuis gestoor word.
“Dit is nie ’n alledaagse pakhuis nie aangesien sy eienskappe kop en skouers bo die tipiese nywerheidsgebou uitstaan,” het een van die beoordelaars van die kompetisie, mnr. Franco Mordine, gesê.
Mordine sê die pakhuis se lae, boogvormige dakstruktuur skakel pragtig by die hawegebied en die natuurlike omgewing in.
Pro-Edge Steel op Keetmanshoop het die staal vir die projek voorsien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!