Staan saam met stakers
Cees Strijbis skryf:
Ons behoort almal saam te stem met stakers wat hoër lone verlang.
Vandag is dit by Shoprite en Checkers en U-save. Môre miskien by Pick and Pay, volgende week by Clicks, Spar. Later by ander… Laastens sal die plaaswerkers seker ook begin staak.
Die oplossing is eintlik simpel. Die staat moet die minimum loon opstoot tot ten minste N$3 000 per maand en troueens ook die ouderdomspensioen en ongeskiktheidstoelaag.
Het die regering geen geld?
Wel, dan moet die regering n plan maak.
Namibië het 23 ministers op 'n bevolking van 2,7 miljoen. Holland het 17 ministers vir 17 miljoen mense.
Die IPC-president, dr. Panduleni Ithula, sê dat 12 ministers genoeg is vir Namibië. n Minister kry naby n miljoen Namibiese dollar per jaar, die eerste minister meer en die president N$1,3 miljoen. Almal kry ook baie byvoordele.
So, as die aantal ministers tot 12 beperk word, ontstaan geweldige besparings. Ons moet onthou dat minder ministers ook beteken minder adjunkte, minder uitvoerende direkteure, minder…..
Wat die regering ook moet beperk is die aantal staatsamptenare. Minder as 100 000 vir ons relatief klein bevolking moet voldoende wees. Op die oomblik het ons 230 000 van hulle.
Besparings by die biljoene.
Jade McClune het in 'n artikel in The Namibian (Vrydag die 8ste) gesê dat die huidige "CEO" van Shoprite N$60 000 per dag verdien (ongelooflik ja) teenoor 'n kasregisterwerker se ongeveer N$90 per dag.
Ons president kry in kontant alleen ongeveer N$5 000 per dag teenoor die huiswerkers se minimum van N$72,25 per dag en die plaaswerkers se ongeveer N$68,33 per dag.
Ek is seker dat die “CEO” en hulle senior staflede moet uithaal en wys om te kry wat hulle kry.
As ek op die uitslag van ons afgelope verkiesing let, lyk dit asof baie van ons mense nie dink ons regering het uitgehaal en gewys nie.
Ek dink ons moet nie net Shoprite en diesulkes blameer vir lae werkers lone nie ons moet ook ons regering blameer.
As ons 'n Christennasie is – en ons sê ons is, moet ons ons gedra soos christene en ons arbeiders 'n ordentlike vergoeding gee. Ons moet nie net onsself help nie maar veral ons werkers wat ons in staat stel om geld te verdien.
En ook dit nog: Is dit nie die hoofdoel van ondernemers soos Shoprite nie om soveel as moontlik geld te maak om verder te kan uitbrei. Dit sal meer werk skep. In teenstelling daarmee moet dit die hoofdoel van n regering wees om sy mense te dien. Ons almal moet help om die ongelykheid in inkomste te verminder. Ons het te lang toegelaat dat die gaping groter word. Ons moet kies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie