Staan saam, my landsmense, staan sáám
Jo-Maré Duddy - Party van ons probeer die depressie van ‘n resessie wegdrink. Ander probeer kop bo water sonder die dop te hou. Baie van ons poog wankelrig op die brug om tussen dié twee staande te bly.
Van ons is kwaad. Ander doen hul bes om die argwaan te beheer. Die meeste van ons probeer ons emosies beteuel, maar die moerigheid laat hom nie keer nie.
Baie bid. Nóg meer hoop. Ons almal hoop én bid.
Dis Oktober. Dis 2018. Dis Oktober 2018.
En baie van ons het nog nie so iets beleef nie. Die ander het gewens hulle sal nooit weer nie.
Daar is droogte oral. Gelddroogte, groeidroogte, gronddroogte. Waterdroogte.
En met barheid kom barheid. Barheid van gees, barheid van begrip en barheid van menswees.
Waar generasiebagasie vol verwyte meteens weer opgerakel word. Met ‘n jong, onskuldige geslag se drome van nasiebou wat gepootjie word deur dekades en dekades se misstappe waarin hulle nòg enigsins ‘n aandeel het, nòg geensins verstaan of goedkeur.
Waar dit maar té maklik is om agter vervloë dae se sondes te gaan skuil. Waar ons weier om verantwoordelikheid vir ons eie sak onafhanklike vrot patats te vat.
Die hoof van die Harambee-huis het 2018 die “Year of Reckoning” gedoop. In ‘n diep oomblik die ander aand seg wederhelf dis die Jaar van Rekeninge.
Regeringsrekeninge, besighede se rooi rekeninge, maar ook Jan en San Alleman se rekeninge: Agterstallige rekeninge, oortrokke rekeninge, nuwe rekeninge, Edgars-rekeninge.
Iemand moet vir die gelag betaal.
Uiteindelik is die verbruiker, die deursnee Namibiër, die grap.
Dis óns vrieskaste wat oorloop van goedkoop hoender. Ons kinders wat ‘n botterbroodjie skool toe vat, Oros in ‘n plastiekkoeldrankbotteltjie. Ons honde wat saans opgewonde Epol verslind. Terwyl spaghetti of rys in die pot prut.
Die Namibiese verbruiker oorleef op specials. In hierdie spesiale jaar.
En tog is daar oomblikke van sprankel.
Soos toe ek en boesemvriendin Saartjie nou die dag by die munisipale swembad gaan lafenis soek. Kordaat die duikplankie aandurf.
“Breek die eier vir my, antie!” por die jong man langs die swembad my aan – gretig om koel druppels op sy vel te voel.
Uit die diep waters moedig ‘n millennial Saartjie aan om haar vlerke te sprei, om te vertrou sy sal veilig land.
En so is ons sáám ‘n span: G’n ouderdom, g’n kleur, g’n etnisiteit.
Of soos my pa onlangs. Op amper 81 en vasberade om sy onafhanklikheid te behou, klim hy vir die eerste keer in ‘n taxi. Wat hom in ‘n japtrap veilig voor die deur van die ouetehuis besorg. En soos ek van sy vertelling aflei, nogal teen ‘n pensioenaristarief.
Dís die Namibië wat ek ken. Die Namibië wat ek liefhet en met my hele wese in glo. Die Namibië waarin ek my kinders en kleinkind in koester, want ek wéét jare soos 2018 kan nie ons mense se gees knak nie.
Want ons is álmal Namibiërs. Ons is daar vir mekaar – in goeie én slegte tye. Ons het groter vyande as mekaar – ons behóórt te hê.
Sien die mooi in die mens langs jou – sy potensiaal, talente, sy gewilligheid, maar ook sy gebreke. En verstaan dit met deernis en begrip. Met die hoop op verandering.
Vir ons land, vir ons mense en vir ons toekoms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie