Staat appelleer in Hoff se saak
Staat appelleer in Hoff se saak

Staat appelleer in Hoff se saak

NAMPA
’n Datum sal volgende maand vasgestel word vir die verhoor van die staat se appèl teen die skuldigbevinding en vonnis van Susanne Hoff, wat tereggestaan het op sameswering om haar man in November 2011 te vermoor.

Uit hofdokumente blyk dit advokaat Louis Botes, wat namens Hoff optree, en staatsadvokaat Marthino Olivier sal op 13 Oktober tydens ’n voorverhoorkonferensie op ’n datum vir die verhoor ooreenkom.

Hoërhofregters Naomi Shivute en Alfred Siboleka het op 31 Julie vanjaar verlof om te appelleer aan die staat toegestaan.

Hoff(56), ’n Windhoekse sakevrou, is op 24 Februarie skuldig bevind aan poging tot moord op haar man, mnr. Egbert Hoff. Landdros Alexis Diergaardt het bevind Hoff het probeer om mans te huur om haar man in November 2011 om die lewe te bring.

Sy is op 13 Maart vanjaar ’n vonnis van N$30 000 of ses jaar tronkstraf opgelê. Twee van die ses jaar gevangenisstraf is vir ’n tydperk van vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat sy nie gedurende dié tydperk skuldig bevind word aan ’n soortgelyke oortreding nie.

Hoff moes, afgesien hiervan, ook 300 ure se gemeenskapsdiens by die Hope Village-kindersentrum in Katutura se Havana- informele nedersetting doen.

Olivier, wat nie gelukkig was met die straf wat opgelê is nie, het ’n aansoek om verlof tot appèl by die hoërhof in Windhoek ingedien. In dié aansoek het Olivier betoog die vonnis was te lig in vergelyking met vonnisse wat in soortgelyke gevalle opgelê is.

Hoff is aanvanklik aangekla van sameswering om haar man te vermoor, maar die hof het haar skuldig bevind aan poging tot moord.

Sy het twee mans na bewering gevra om hulself as potensiële kopers van ’n perd aan haar man voor te doen, omdat sy bewys wou hê van haar vermoedens dat hy perde wat aan haar behoort het, verkoop het en die opbrengs daarvan vir homself ingepalm het.

Hoff kon nie skuldig bevind word aan sameswering om moord te pleeg nie, omdat die vermeende gehuurde moordenaars aan die hof vertel het hulle het nooit regtig beoog om die plan deur te voer nie, maar slegs voorgegee het om in te stem om die moord te pleeg terwyl hulle die polisie gewaarsku het en ’n lokval vir Hoff gestel het. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!