Staat dreig Lonmin oor huise
Die Suid-Afrikaanse regering dreig om Lonmin se mynlisensie op te skort omdat hy nie vinnig genoeg huise vir sy werknemers gebou het nie.
Dit kom vier jaar nadat van dié platinummynmaatskappy se werknemers naby sy Marikana-myn in opstande dood is.
Lonmin het ingestem om sy werkers se verblyf ná die tragedie te verbeter, maar vordering is “stadig”, het die kantoor van pres. Jacob Zuma in ''n e-pos-verklaring gesê.
Die staat gaan strenger maatreëls oorweeg om te verseker die wêreld se derde grootste platinumprodusent kom sy beloftes na.
“ ''n Behuisingsplan wat aan sekere vereistes voldoen, sal van Lonmin vereis word. Indien dit nie verskaf word nie sal sy mynregte onmiddellik opgeskort of gekanselleer word,” sê die presidentskantoor.
“Inspeksies mag op ''n tweemaandelikse grondslag by die myn uitgevoer word om te verseker hy voldoen aan vereistes, met administratiewe stappe wat gedoen sal word waar nodig.”
Om werkers se lewensomstandighede te verbeter, is een van die sleutelaanbevelings van die Farlam-kommissie se bevindinge. Dié kommissie is aangestel om ondersoek in te stel na wat presies tot die dood van 34 mynwerkers vier jaar gelede by die myn gelei het.
Die regering is bereid om vergoeding aan die slagoffers se families te betaal.
Hoewel Lonmin al sy hostelle in 2 700 familie-eenhede en woonstelle verander het, was dit ''n voorvereiste van sy gemeenskaps- en arbeidsplan waaroor in die middel 2000''s ooreengekom is.
Lonmin het onlangs ''n behuisingsprojek van 325 eenhede voltooi, maar die huise staan nog leeg.
Nog ''n fase van die projek behoort einde 2017 voltooi te word.
Lonmin het teen einde September verlede jaar 35 669 mense in diens gehad.
“Vordering is stadig, wat die departement dwing om strenger stappe te doen,” sê die presidentskantoor.
Lonmin neem kennis van die verklaring en werk saam met alle vlakke van die regering om ''n “blywende oplossing te skep wat die ontwikkeling van ander lewensomstandighede sal fasiliteer,” sê Abey Kgotle, uitvoerende hoof van mensehulpbronbestuur by die maatskappy.
Die maatskappy sal ''n behuisingsplan indien wat “aan die vereistes voldoen” en oorweeg dit om grond aan die staat te oorhandig waar huise gebou kan word, sê Kgotle. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie