Staat moet opdok nu00e1 Operasie Hornkranz
Staat moet opdok nu00e1 Operasie Hornkranz

Staat moet opdok ná Operasie Hornkranz

Minstens drie sake van aanranding is reeds vanjaar teen die polisie en weermag aanhangig gemaak.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die Windhoekse hoërhof het die Namibiese regering beveel om N$30 000 se skadevergoeding te betaal vir die aanranding van 'n man deur die polisie en weermag gedurende Operasie Hornkranz.

Hoewel die applikant, mnr. Kyle Sullivan, N$100 000 geëis het, het regter Dinnah Usiku beslis die regering moet N$25 000 skadevergoeding vir aanranding en N$5 000 vir onwettige inhegtenisneming en aanhouding opdok, asook sy regskoste.

Die redes vir die uitspraak sal einde September verstrek word.



NOG SAKE VAN ­AANRANDING

Dié was minstens die derde hofsaak wat die Nami­biese gewapende veiligheidsmagte vanjaar op grond van aanrandings en geweldsvergrype teen burgerlikes deur soldate en die polisie tydens Operasie Hornkranz verloor het.

Die regering het in Mei 'n skikkingsooreenkoms van N$250 000 met me. Luise ­Taakambadhala Mwanyangapo onderteken. Mwanyangapo is glo in April 2019 deur soldate aangeval en het die regering aanvanklik vir N$500 000 gedagvaar.

Die polisie en veiligheidsmagte het in dieselfde maand N$30 000 aan mnr. Alexander Ngoma Afons, wat op 3 Mei 2019 deur die polisie en weermag aangerand is, uitbetaal nadat hy hulle vir N$160 000 in skadevergoeding gedagvaar het.

Sullivan en Mwanyangapo se aanvalle het op dieselfde dag, 27 April 2019, plaasgevind.

Die polisie en weermag het in al drie sake (Mwanyangapo, Afonso en Sullivan) aanvanklik alle ­beskuldigings ontken.

Die regering het destyds gesê hulle sou volskaalse ondersoeke na die bewerings van aanranding van stapel stuur.

In die Sullivan-saak het die regering se regsverteenwoordiger beweer daar was nie genoegsame bewyse dat Sullivan deur soldate of die polisie aangerand is nie. Hulle het aangevoer dit kon 'n voertuig met private veiligheidsbeamptes gewees het wat Sullivan aangerand het.

Die ses beskuldigdes wat in Mwanyangapo se saak genoem is, insluitend die hoof van verdediging, die minister van verdediging en veteranesake, die inspekteur-generaal van die polisie en die ministerie van ­binnelandse sake, ­immigrasie, veiligheid en sekuriteit, het in Oktober 2020 'n pleitverduideliking ingedien waarin hulle alle bewerings teen hulle ontken.

Die verweerders in Afonso se saak, insluitend die ministeries van verdediging en veiligheid en sekuriteit, het in Mei 2020 ook alle aantygings ontken.



OPERASIE HORNKRANZ

'n Aantal burgerlike regsgedinge het ontstaan weens die gesamentlike polisie en die Namibiese weermag (NDF) se veiligheidsoperasies Hornkranz en Kalahariwoestyn in 2019 en 2020.

Operasie Hornkranz het op 21 Desember 2018 amptelik afgeskop, maar het ná 'n aantal insidente van onbehoorlike gedrag deur soldate en die polisie in Mei 2019 tot stilstand gekom.

Kort daarna is dit onder die nuwe naam Operasie Kalahariwoestyn hervat.



BRUTALITEIT

Mwanyangapo se aanval het op 27 April in 'n kroeg in Katutura plaasgevind. Sy beweer sy is geslaan tot sy op die vloer neergeval het en is toe geskop. Net soos in Sullivan se geval het sy aangevoer sy is met 'n sambok geslaan.

Sy is ná die aanval na 'n hospitaal geneem met 'n diep sny aan haar voorkop. Sy het ook 'n merk op haar rug en kneusplekke oor haar neus en linker­skouer gehad.

Die aanval op Sullivan was in die vroeë oggend­ure buite Club London. 'n Polisievoertuig vol polisie­beamptes en soldate het naby die klub gestop en hom geklap, geslaan en in die voertuig gelaai. Hulle het glo 'n uur met hom rondgery voor hy vrygelaat is.

Volgens hom het hy probeer om 'n foto van die polisievoertuig se nommerplaat te neem, maar die polisiebeamptes het gedreig hulle sal hom skiet.

Hy het kneusplekke, snye, 'n geswelde kakebeen en oog asook wonde aan sy rug en arms gehad.

“Hy dra steeds die nagevolge van die aanranding. In mnr. Kyle Sullivan se eie woorde, ly hy aan angs en het naarheid en kroniese kopsere ná die aanval ervaar,” het sy regsverteenwoordiger in sy finale voorlegging in die hof gesê.

Afonso is op 3 Mei deur die polisie en weermag aangeval terwyl hy in die straat geloop het.

Volgens hom het polisiebeamptes hom op 'n aggressiewe manier gevra waarom hy op straat is. Beamptes het sy sak gegryp en deursoek en ander het hom begin slaan en klap.

Die polisie- en weermaglede het later in 'n weermagvoertuig geklim en weggery. Hulle het hom glo langs die pad gelos.

Afonso het 'n regshulpprokureur gehad, terwyl me. Unomwinjo Katjipuka-Sibolile van Nixon Marcus Public Law Office vir Mwanyangapo verteenwoordig het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!