Staat sê Fishrotters wás kop in een mus
Kristien Kruger – Hoewel een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Ricardo Gustavo, in sy hoofgetuienis aangedui het dat hy die direkteur en enigste Namibiese verteenwoordiger was van Namgomar Pesca Limitada, 'n Angolese maatskappy, het dit tydens kruisondervraging geblyk minstens van sy medebeskuldigdes was ook by die maatskappy betrokke.
Die staat beweer Gustavo het as direkteur van Namgomar Pesca Namibia geld ontvang en dit aan sy medebeskuldigdes oorbetaal.
Drie van die entiteite wat fondse ontvang het, behoort aan ’n medebeskuldigde, mnr. James Hatuikulipi.
Gustavo en James is glo reeds van kinderjare af vriende en volgens Gustavo was dit James wat vir hom werk by Investec Asset Management Namibia aangebied het.
Volgens Gustavo was James saam met die Samherji-groep van Ysland in Angola se visbedryf betrokke.
Hy het getuig die geld wat hy aan James se entiteite betaal het, was deel van sy ooreenkoms met Namgomar en dat hy dit op instruksie van die eienaars gedoen het.
Hy het glo slegs onder Angolese bestuurders gewerk en opdragte van die Angolese aandeelhouers uitgevoer.
Volgens die staat was mnre. Sacky Shanghala en Tamson Hatuikulipi ook by die Namgomar-projek betrokke.
Die staatsaanklaer, mnr. Cliff Lutibezi, het aan Gustavo gevra of hy kennis daarvan dra dat die projek aanvanklik tussen 2013 en 2014 gestig is vir die beskuldigdes om daaruit te baat en sodat Shanghala, James, Tamson en oudminister Bernhardt Esau voordeel daaruit kon trek.
Gustavo het ontken dat hy by so iets betrokke was of enige kennis daarvan dra.
Die staat het bewyse gelewer van 'n vergadering in Angola wat Shanghala, Tamson, James en Gustavo bygewoon het. Hulle het glo die Namibiese afdeling van Namgomar verteenwoordig.
Hoewel Gustavo ontken dat hy vir Shanghala gewerk het, was Shanghala glo die woordvoerder vir Namibië se afdeling tydens hierdie vergadering.
Die staat het ook bewyse van 'n visettekaartjie waarop Shanghala as 'n direkteur van Namgomar Pesca Namibia geïdentifiseer is. Gustavo het aangevoer dit was slegs 'n fout deur die ontwerper van die kaarte.
Namgomar Pesca Limitada se aandeelhouers is almal Angolese en Namgomar Pesca SA en Namgomar Pesca Namibia vorm deel van Limitada.
Volgens Gustavo het Namgomar Pesca Namibia nooit enige kwotas ontvang nie, slegs Namgomar Pesca Limitada, wat die beheermaatskappy is.
SY DEEL VAN DIE KOEK
Die staat beweer Gustavo het sowat N$22,5 miljoen uit die Fishrot-skandaal gebaat, asook dat hy fondse ontvang het wat hy tussen sy medebeskuldigdes verdeel het.
Hy het erken dat hy die bedrag ontvang het, maar aangevoer dit was wettige inkomste.
Volgens Gustavo het hy vanaf 2014 tot 2019 as die alleendirekteur van Namgomar Pesca Namibia sowat N$6,9 miljoen as salaris verdien.
Dit is ongeveer N$1,1 miljoen per jaar.
Hy het 'n verdere N$12 miljoen in direkteursfooie en lenings ontvang met die goedkeuring van die aandeelhouers. Volgens Gustavo was 'n lening van N$3,3 miljoen om opknappings aan sy huis op Finkenstein te doen.
Nadat Gustavo tydens sy hoofgetuienis aangevoer het dat ondersoekbeamptes hom nooit die geleentheid gegee het om sy saak te stel nie, het Lutibezi 'n bewysstuk ingedien wat volgens die staat die teenoorgestelde bewys. Op die standaardvorm wat ingevul word wanneer 'n verdagte in hegtenis geneem word, moet die persoon aandui of hulle 'n verklaring wil aflê of hul swygreg wil uitoefen.
Gustavo het volgens die staat geantwoord dat hy al die aantygings ontken en met sy regsverteenwoordiger wil konsulteer. Hy het die dokument onderteken.
Volgens Gustavo was hy te geskok en gestres om helder te dink.
Lutibezi het uitgewys dat Gustavo tydens sy eerste borgaansoek ook verkies het om nie kommentaar te lewer op die vrae wat aan hom gestel is nie.
Gustavo se kruisondervraging deur die staat hervat vandag.
– [email protected]
FOTO
Die kruisondervraging van mnr. Ricardo Gustavo sal vandag in die hoërhof in Windhoek voortduur. Foto Facebook

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie