Staat su00ea u2018transitorowersu2019 is skuldig
Staat su00ea u2018transitorowersu2019 is skuldig

Staat sê ‘transitorowers’ is skuldig

Jessica Botes
Jessica Botes - Die staat is van mening hy het die skuld van twee vermeende transitorowers in die hoërhof bo redelike twyfel bewys.
Adjunk-aanklaer-generaal Anita Meyer het gister haar slotvertoë in die N$5,7 miljoen transitorooftog-verhoor voor regter Naomi Shivute gelewer. Volgens haar het die staat mnre. Jan Julius en George Jambeinge se skuld bo redelike twyfel bewys.
“Ek moet egter bieg dat ons geen bewyse het dat die twee beskuldigdes in gemeenskaplike doel opgetree het om die oortredinge te pleeg nie. Daar is egter genoeg bewyse voor die hof dat beide mans by die rooftog betrokke was en dat hulle ’n oortreding gepleeg het,” het Meyer betoog.
Die saak teen Julius en Jambeinge spruit uit ’n transitoroof wat op 29 Desember 2004 in die omgewing van Brakwater buite Windhoek plaasgevind het. Hulle het glo met altesame N$5,73 miljoen op die vlug geslaan, waarvan N$3,39 miljoen later in Suid-Afrika gevind is. Dit is die grootste enkele bedrag geld wat nog ooit in Namibië in ’n gewapende roof gebuit is.
Die geld wat deur die sekuriteitsmaatskappy Fidelity Services Group vervoer is, het aan First National Bank Namibia, Bank Windhoek en Nedbank behoort.
Volgens die staat het ’n voormalige beskuldigde in die saak, mnr. Jason Awene, aan die kant van die pad gestaan en die voertuig laat stilhou, waarna die rooftog plaasgevind het.
Mnre. Benedictus Kasimbingwe, Elikana Nghimewena, Mateus Hauwanga en Awene is op 20 Februarie 2014 op die klagte teen hulle vrygespreek nadat hulle aansoeke om ontslag by die hoërhof ingedien het.
Meyer het gister betoog dit is duidelik dat Julius wat die bestuurder van die transitovoertuig was, sy medebe­skuldigde gehelp het om die rooftog uit te voer.
“Hierdie rooftog kon net met die hulp van ’n werkgewer van die sekuriteitsmaatskappy uitgevoer word. Iemand wat vir hulle inligting kon gee oor roetes, datums, tye en hoe om by die voertuig in te kom wat net van binne oopgesluit kan word.”
“Julius het doelbewus van die roete afgewyk en langs die pad gestop om ’n ryloper op te laai. Terwyl hulle besig was om te ry, het die ryloper vir Julius se kollega, mnr. Stefanus Iyambo, begin aanrand. Hoewel hy die geleentheid gehad het om sy kollega te help, het hy eerder Iyambo se vuurwapen gegryp, die voertuig tot stilstand gebring en toegelaat dat Iyambo verder aangerand word,” het Meyer betoog.
Volgens haar is dit hoogs onmoont­lik dat Julius, wat ’n senior personeellid van die sekuriteitsmaatskappy was, sou besluit het om ’n ryloper op te laai. Sy het betoog dit is baie onwaarskynlik dat hy toevallig op daardie dag en daardie tyd ’n rower sou oplaai wat homself as ’n ryloper voorgedoen het.
“Dit is duidelik dat die hele rooftog vooraf goed beplan is. Die rowers het net Julius se selfoon gesteel terwyl hulle nie Iyambo se selfoon gesteel het nie. Hulle het dit gedoen omdat hulle die bewyse van ’n vooraf gekonkelary tussen hulle en Julius wou wegsteek,” het Meyer betoog.
Volgens haar was Julius se optrede gedurende en ná die rooftog daarop gemik om die rowers wat hom nooit gedreig of aangerand het nie, te help. Julius het volgens haar self die kluise oopgesluit en die sakke geld agter in die wegkomvoertuig gelaai. Ten spyte hiervan kon hy nie die wegkomvoertuig se registrasiemerk of die vermeende rowers se identiteit onthou nie.
Die verhoor word voortgesit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!