Staat slaag in appu00e8laansoek teen oudregter
Staat slaag in appu00e8laansoek teen oudregter

Staat slaag in appèlaansoek teen oudregter

'Daar is genoeg ruimte vir 'n skuldigbevinding.'
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Windhoek se hoërhof het vroeër dié week die staat se aansoek om verlof tot appèl teen 'n oudregter se vryspreking in 2010 toegestaan.

Dít op klagte van onder meer ontvoering en onsedelike aanranding.

Regter Thomas Masuku het Woensdag in Windhoek se hoërhof dié aansoek teen die afgetrede hooggeregshofregter Pio Teek se vryspreking toegestaan.

Masuku het in sy uitspraak gesê die hooggeregshof het bevind “dat daar genoeg ruimte vir die skuldigbevinding van die respondent is op al die aanklagte teen hom, behalwe miskien vir die misdaad van ontvoering”.

Masuku het gesê die saak moet deur die hooggeregs­hof beslis word.

Adjunk aanklaer-generaal, Innocentia Nyoni, het namens die staat aangevoer dat waarnemende regter Ronnie Bosielo verkeerd was om Teek op 16 Desember 2010 vir die tweede keer vry te spreek.

Nyoni het gesê Bosielo het nie al die feite in ag geneem nie.

Die staat het in Desember verlede jaar reeds appèl aangeteken teen Teek se vryspreking op twee klagte van on­tvoering, een klag van verkragting, 'n klag van die pleeg van 'n onsedelike of immorele daad met 'n meisie onder die ouderdom van 16 jaar, en 'n klag van die verskaffing van alkohol aan 'n persoon onder die ouderdom van 18 jaar.

Drie Suid Afrikaanse hooggeregshofregters het in April 2009 in Windhoek se hooggeregs­hof bevind dat Teek nie in Julie 2006 vrygespreek moes gewees het op al die klagte teen hom nie.

Hulle het die saak terugverwys na die hoërhof vir die voortsetting van die verhoor.

Bosielo het Teek egter weer in Desember 2010 vrygespreek.

Teek (69) se regsloopbaan het tot 'n einde gekom weens die kindermolesteringklag waarvoor hy in Januarie 2005 in hegtenis geneem is.

Dié aanklagte spruit uit aantygings dat hy twee meisies van onderskeidelik nege en tien jaar oud op die aand van 28 Januarie 2005 in Katutura, in Windhoek, opgelaai het en na sy huis in die Brakwater area geneem het.

Na bewering het hy aan die meisies drankies gegee wat alkohol bevat, hulle seksueel gemolesteer en die een meisie verkrag.

Teek het al die beskuldigings ontken.

In sy pleitverduideliking het hy aan die hof gesê hy het die meisies opgelaai omdat hy hulle in die straat gevind het en dat hulle vuil en honger gelyk het. Hy het hulle toe na sy huis geneem om vir hulle kos te gee.

Nyoni is deur adjunk aanklaer-generaal Dominic Lisulo bygestaan.

Teek het sy eie verdediging behartig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!