Staat sluit saak in Noble-verhoor
Die verdediging in die Noble-dwelmsaak het 'n aansoek ingedien om die klagte van geldwassery van die klagstaat te verwyder.
Kristien Kruger – Die vermeende dwelmsmokkelaars wat na bewering sowat 412 kilogram kokaïen in die land probeer smokkel het, se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, sê die staat se klagte teen sy kliënte dra geen gewig nie.
Op die eerste aanklag waarop mnre. Grant Noble en Dinah Azhar teregstaan – die handel en/of die besit van dwelms – beweer Namandje die dwelms was nooit in hul besit nie omdat die vraghouer nooit fisies aan hulle oorhandig is voordat dit deursoek is nie.
“Die staat het ook geen bewyse dat die beskuldigdes enige kennis van die dwelms in die vraghouer gedra het voordat dit in Walvisbaai aangekom het nie.
“Nie een van hulle was teenwoordig toe die vraghouer in Brasilië gelaai is nie en het geen instruksies oor die verpakking gekommunikeer nie,” het hy gesê.
Namandje bevraagteken ook die wettigheid van die soektog deur polisie en hawepersoneel waartydens die kokaïen gevind is. Nadat die staat hul saak gesluit het, het Namandje aan die hof uitgewys die staat het geen bewyse ter ondersteuning van die aanklagte van geldwassery voorgelê nie. Die verdediging het 'n aansoek vir 'n ontslagbevel ingedien.
Dit blyk uit Donderdag se hofverrigtinge dat Noble en Azhar in hegtenis geneem is voordat die konsentrasie van die kokaïen bevestig is. Die wet bepaal dat slegs kokaïen met 'n minimum konsentrasie van 0,01% onwettig is.
Die forensiese wetenskaplike wat die aanvanklike kwalitatiewe ontleding op die kokaïen gedoen het, dr. Paul Ludick, het Donderdag getuig hy het net die teenwoordigheid van kokaïen bevestig en nie die konsentrasie daarvan nie.
Ludick se toetsing op twee van die 400 pakkies wat in die vraghouer gevind is, het positief vir kokaïen getoets en hy het die polisie aangeraai om dié twee pakkies, asook die oorblywende pakkies vir 'n kwantitatiewe ontleding na die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap (NFSI) te bring.
Noble en Azhar is op 15 Junie 2018 in hegtenis geneem ná die ontdekking van dwelms by die Walvisbaaise hawe. Die kwantitatiewe ontleding is eers in Mei 2020 uitgevoer. Ludick het nie dié ontleding gedoen nie.
'GEEN BEWYSE VAN KOKAÏEN'
Tydens kruisondervraging het Namandje vir Ludick gevra oor die getuienis van me. Christine Kamokanjama, die forensiese wetenskaplike wat die kwantitatiewe ontleding behartig het.
“Sy het getuig sy moes 'n onvolledige handleiding gebruik om die toetse te doen,” het Namandje aan Ludick gestel.
Hoewel Ludick nie bewus van dié inligting was nie, het hy steeds sy vertroue in die geldigheid van die resultate beklemtoon.
“Ek het volle vertroue die resultate rakende die saak is akkuraat, herhaalbaar en naspeurbaar.”
Namandje het gesê die hof kan nie op Kamonkanjama se toetsuitslae staatmaak nie. “Die uitslae is onbetroubaar en daar is om dié rede geen bewyse van kokaïen nie.”
Die verhoor het Vrydag in die hoërhof in Windhoek voortgeduur.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie