Staat verarm ons om elke hoek en draai
JURGENS SKRYF:
Ek het op 7 Mei 2020 vanaf die plaas af 120 km Gobabis toe gery om my bestuurderslisensie te gaan hernu.
Ons het verlede week verneem NaTIS in Windhoek is oop en is by navraag ingelig Gobabis se tak sal op op Donderdag 7 Mei heropen. Dit is ook so op die hek aangedui.
Om 08:10, nadat ongeveer 30 mense opgedaag het, is ons ingelig die perseel moet "ontsmet" moet word en die kantoor sal eers Maandag open. In krisistyd word die publiek se geld, tyd en veiligheid misbruik deur die onbeholpenheid van die staatsdiens.
Skole kan nie open nie omdat sekere staatskole na 30 jaar nie lopende water het nie. Ons kan egter spog met 'n nuwe N$30 noot .
Ondernemings in staatsbesit wat 'n finansiële bydrae tot die staatskas moet maak, verarm belastingbetalers. Steeds wil die staat boonop in meer ondernemings inmeng en die ook verwoes.
Die reusebydrae van privaatskole tot die ekonomie deur indiensneming van onderwysers, skepping van behoorlike infrastruktuur en lewering van topleerlinge word misken deur hul subsidie te weerhou.
Die skoolgeld is soos 'n bykomende belasting vir ouers wat beter opvoeding vir hul kinders beoog as wat die staat kan bied. Dit is geld wat die staat spaar en die staat het dus meer beskikbaar vir skole in ander gebiede.
Wanneer 'n skool gebou word, is water, sanitasie en elektrisiteit sekerlik die eerste prioriteit. Omdat staatskole nie gereed is om oop te maak nie, word almal nou teen groot koste gepenaliseer weens die virus en die privaatskole moet vir dit vergoed met hul subsidie. Die staatsbegroting behoort vir alle leerders te wees, ongeag watter skool.
Daar moet wyd gekonsulteer word voordat skooljare verander word weens die groot impak op individue en groepe. Die subsidie is 'n skrale N$1 800 per leerder. Wat sal die afwesigheid van privaatskole die staat kos?
Kiesers moet wakker word en sien hoe staatsfondse wanbestuur word. By Fishcor is 'n hele bestuurspan en 'n direksie, maar net die senior bestuurder en direksievoorsitter weet wat met die geld gebeur. Daar is 'n minister en adjunk, maar die adjunk weet nie waarmee die minister besig is nie. Sekere poste is dus oorbodig en 'n verdere vermorsing van geld.
Befonds liewer skole beter om leiers op te lei wat 'n verskil kan maak in die toekoms.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie