Staat verdedig aanstelling van firma vir toesighouding
Die aanstelling van 'n plaaslike gesamentlike onderneming om die nuutgestigte eenheid vir prestasielewering vir HPPII-projekte te bestuur, het wenkbroue laat lig.
Ogone Tlhage en Mathias Haufiku – Die regering het probeer regverdig waarom twee private ondernemings – wat 'n gesamentlike onderneming gevorm het – met die hand uitgesoek is om die eenheid vir prestasielewering te bestuur wat toesig sal hou oor en regeringsprojekte sal monitor onder die tweede fase van die Harambee-welvaartsplan.
Dít ondanks bewerings dat hierdie skuif bykomende druk en koste vir die nasionale geldkas skep om konsultante te betaal vir werk wat normaalweg onder die jurisdiksie van die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) val.
Die moniteringsooreenkoms is verlede week onderteken deur die NPC en 'n gesamentlike onderneming wat bestaan uit Mondjila Project Advisory & Management en Lithon Project Consultants, wat onderskeidelik deur die ingenieurs mnre. Panashe Daringo en Scott Richards verteenwoordig is.
Daarbenewens het die NPC ook die tesourie se goedkeuring verkry om die ooreenkoms te onderteken sonder dat 'n tender geadverteer is.
Van hul take sluit in die ontwikkeling van 'n projekbestuursplan, kommunikasiestrategieë, 'n Harambee-welvaartsplan II (HPPII)-webwerf en die bemagtiging van NPC-personeel.
Volgens die ekonomiese adviseur in die presidensie, mnr. James Mnyupe, sal die eenheid projekbestuur-ondersteuning aan verskeie ministeries en staatsinstellings verleen.
Hoewel die ooreenkoms eers onlangs onderteken is, was Daringo en Richards reeds by die projek betrokke aangesien hulle projekleiers was vir HPPII-projekte wat vanjaar van 1 April tot 30 Junie geduur het.
Mnyupe het nie geantwoord toe hy gevra is watter reëlings in plek was om die duo in staat te stel om as HPPII-projekleiers te werk lank vóór die ooreenkoms onderteken is nie.
Geskrewe reaksies wat die presidensie onlangs aan ons susterkoerant Namibian Sun gestuur het, dui daarop dat die twee se hulp ingeroep is nadat die kabinet in 2020 die noodsaaklikheid besef het om 'n eenheid vir prestasielewering op die been te bring om die implementeringskoers te verbeter.
Mnyupe het ook aangedui die gesamentlike onderneming het die regering in Januarie 2021 genader met 'n formele aanbod vir die oprigting van 'n eenheid vir prestasielewering vir HPPII.
“Net soos oor die hele wêreld, behels hierdie eenheid die gebruik van kundigheid en vaardighede in die monitering, evaluering en algehele projekbestuur tussen die openbare en private sektor. Dit het die werwing van privaat kundigheid genoodsaak om die bestaande regeringskapasiteit in monitering, evaluering en projekbestuur aan te vul en te versterk,” het Mnyupe gesê.
VRESE EN REGVERDIGING
Gesaghebbende bronne het daarop gewys dat verskeie kabinetsministers melding gemaak het van probleme met die nakoming van verkrygings.
Ander het die besluit bevraagteken om die twee ondernemings te betrek, asook die toestemming van die tesourie wat dit moontlik gemaak het om gebruiklike verkrygingsprosesse te omseil.
Mnyupe het tot die duo se verdediging gekom en gesê: “Hulle het uitgebreide ervaring om saam met die ministerie van finansies te werk en met 'n landswye openbare-private-vennootskap (PPP)-projekidentifiseringsoefening te help.”
Ondanks die presidensie wat beweer die ooreenkoms is tussen NPC en die gesamentlike onderneming wat uit Mondjila Project Advisory & Management en Lithon Project Consultants bestaan en nié die individue nie, word slegs Daringo en Richard as projekleiers genoem.
“Gegewe die dringendheid van die plan vir ekonomiese herstel, het die NPC aansoek gedoen om vrystelling van tradisionele verkrygingsprosesse, asook die nodige magtigings en gepaardgaande tesourie-instruksies,” het hy verduidelik.
Die regering sê die Namibië Instituut vir Projekbestuur is tydens die opstel van die HPPII betrek “in 'n poging om te bepaal hoe projeklewering kan verbeter en te reageer op landsburgers se versoeke om verskeie nasionale planne beter uit te voer”.
Mnyupe het die duo se aanstelling verdedig en gesê “slegs Daringo en Scott het ten tyde van die ondersoek (Desember 2020) die vereiste sertifisering gehad”.
“Daar was slegs twee individue in Namibië wat beide die Project Management Professional-sertifisering van PMI en die Certified Public-Private Partnership Professional-kwalifikasies gehad het; en dié individue was mnre. Daringo en Richards,” het Mnyupe gesê.
Hy het bygevoeg: “Gegewe die plaaslike marktoestande, beskikbare vaardighede, die gesamentlike onderneming (JV) se relevante ervaring, bestaande verwante regeringsprojekte en kwalifikasies van die sleutelpersoneel van die JV – soos hierbo beskryf – het die regering besluit om 'n ooreenkoms met Mondjila Project Advisory & Management en Lithon Project Consultants te sluit om Namibië se eerste eenheid vir prestasielewering onder die HPPII op die been te bring.”
– [email protected]
FOTO
Die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie (NPC), mnr. Obed Kandjoze, het meer as ’n week gelede die ooreenkoms tussen die NPC en ’n gesamentlike onderneming – wat deur Mondjila Project Advisory & Management en Lithon Project Consultants gevorm word – onderteken. Foto Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie