Staat verwerp minnaar se pleit in moordverhoor
Die pleit van mnr. Rhyno du Preez, die medeverdagte in die verhoor waarin hy en me. Rachel Rittmann daarvan beskuldig word dat hulle haar man vermoor het, is vandag deur die staat in die hoërhof in Windhoek verwerp. Du Preez se regsverteenwoordiger het gister aangedui dat du Preez beoog om skuldig te pleit op drie van die vier klagte teen hom. Die verhoor is uitgestel tot Donderdag wanneer ’n aansoek gebring sal word oor of Rittmann sielkundig geskik is om verhoor te word.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie