Staat vul mediese voorrade aan
Henriette Lamprecht
Van voorbehoedmiddels tot anti-psigotiese medikasie is na maande wat dit landswyd nie beskikbaar was nie, weer in voorraad by die Sentrale Mediese Store (CMS) in Windhoek.
Die CMS se voorraadvlak staan tans op 76%, beduidend hoër as dieselfde tyd verlede jaar. Dit is danksy aflewerings wat onder die kwytskelding vir aankope van die ministerie van finansies sedert November in die land aangekom het.
Tekorte in veral entstowwe, sommige antiretrovirale medikasie (ARV’s), voorbehoedmiddels wat die voorbehoedpil en kondome insluit tot chirurgiese handskoene, is die afgelope tyd by openbare gesondheidsgeriewe ondervind.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, sr. Manga Libita, is 82% (895) van alle aktiewe farmaseutiese en kliniese voorrade tans in voorraad.
Slegs 195 items (18%) is tans uit voorraad. Uit dié 195 items is 137 of 70% op bestelling. Van die items wat nie op bestelling is nie, het verskeie faktore, volgens Libita, hiertoe bygedra en wat insluit die kansellasie van bestellings deur plaaslike verskaffers wat lankal die items moes lewer of gedeeltelike aflewering.
“In dié gevalle het ons die proses begin om ’n versoek vir advertering in te dien sodat die items wat tans uit voorraad is, die wat nie op bestellings is, sowel as items wat geklassifiseer is dat dit uit voorraad kan raak, bestel kan word,” het Libita verduidelik.
Met verwysing na anti-hipertensiewe medikasie is die meerderheid in voorraad en word bestellings tans na gesondheidsgeriewe oraloor die land gestuur.
Medikasie soos Perindopril en Amlodipine is ook in voorraad en reeds na staatsgeriewe gestuur. Dit sluit ook Amiloride HCT en Methyldopa in wat as deel van die vorige verspreidingsiklus verskaf is.
Bestellings vir dié medikasie sal bespoedig word.
Die meerderheid anti-psigotiese medikasie wat vir ’n geruime tyd nie beskikbaar was nie weens die ontwrigte globale verskaffingsketting as gevolg van Covid-19, is ook ontvang. Dit sluit die tablette sowel as die inspuitings van Chlorpromazine (CPZ) en Haloperidol in. Diazepam-inspuitings is ook weer by die CMS beskikbaar en verspreiding na gesondheidsgeriewe het in die tweede week van Desember begin.
Met verwysing na entstowwe is die teen polio, masels en rubella, dipterie en tetanus, sowel as geelkoors ook weer in voorraad.
Volgens Libita is die meerderheid ARV’s in voorraad.
Tweede linie medikasie soos Lopinavir/Ritonavir en Atazanavir/Ritonavir was volgens haar uit voorraad as gevolg van die skaarste van die aktiewe farmaseutiese bestanddele (API) op die internasionale mark.
“Een van die ministerie se verskaffers het bevestig hulle kon daarin slaag om voorraad te kry en het beloof om vandeesmaand nog af te lewer,” het Libita gesê.
Medikasie teen tuberkulose (TB) is beskikbaar buiten vir ’n paar wat steeds op bestelling is. Die Rifampicin/isoniazid-kombinasie vir pediatriese pasiënte is nie in voorraad nie, maar op bestelling.
“Weens die tweede golf Covid-19-gevalle het die verskaffer plek op vliegtuie bespreek om voorrade uit Addis Abeba in Windhoek te kry. Die beperkte aantal vliegtuie wat na die hoofstad vlieg, plaas egter ’n demper op die aflewering van die voorraad.”
Met verwysing na voorbehoedmiddels sê Libita die meederheid is in voorraad en wat insluit Norethisterone en Nordette-tablette, terwyl die Norethisterone (Nur-isterate)-spuit en Triphasil steeds uit voorraad is.
Die CMS het sowat 10 miljoen kondome sedert Oktober ontvang met meer as drie miljoen wat reeds landswyd versprei is. Die gemiddelde maandelikse verbruik van kondome in Namibië word op twee miljoen beraam.
Die aanvraag na handskoene het in die lig van die tweede golf van die Covid-19-pandemie in die land verhoog en meer voorraad is volgens Libita nodig as wat tans in voorraad is.
Sy het die versekering gegee vereiste medikasie vir die behandeling van algemene toestande in Namibië is by die CMS beskikbaar.
“Waar spesifieke medikasie nie beskikbaar is nie, word alternatiewe gebruik en dit wat uit voorraad is, onmiddellik aangekoop.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie