Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls
'n Volbank-uitspraak waarin bevind is die Covid-17-arbeidsregulasies is ongrondwetlik, gaan deur die staat teengestaan word.
Ronelle Rademeyer
Die staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik ongeldig.
Die prokureur-generaal, mnr. Festus Mbandeka, het dit Dinsdag aan Republikein bevestig.
Die gewraakte regulasies is vervat in proklamasie 17 van 2020 wat op 4 Mei deur pres. Hage Geingob ingevolge die Covid-19-noodtoestand uitgevaardig is.
Dit verbied werkgewers om tydens die staat van inperking stappe te doen wat werknemers se poste, salarisse of verlof beïnvloed.
Daarvolgens kon werkgewers nie werknemers aflê, hul salarisse inperk of hulle versoek om betaalde verlof te neem nie.
Die Namibië Werkgewersfederasie (NEF) en Namibië Werkgewersvereniging (NEA) het op 29 Mei saam met vyf maatskappye in die safari-, lugvaart-, vervoer- en drukkersbedryf die grondwetlikheid van dié regulasies in 'n dringende aansoek betwis.
Die president, regering, prokureur-generaal, ministers van arbeid en gesondheid, die arbeidskommissaris en die verskeie vakbonde was die respondente in die saak.
Regters Shafimana Ueitele, Hannelie Prinsloo en Thomas Masuku se bevinding word in regskringe as 'n belangrike beslissing oor die grondwetlike bevoegdhede van die president ten tye van 'n noodtoestand beskou.
Adv. Raymond Heathcote, SC, wat vir die werkgewers opgetree het, sê die applikante is nog nie ingelig oor die staat se voorneme om te appelleer nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie