Staatsbegrafnis vir Mutwa
Staatsbegrafnis vir Mutwa

Staatsbegrafnis vir Mutwa

Lt.genl. John Mutwa was vir meer as ses jaar die hoof van die Namibiese weermag en 'n hoogs bekroonde offisier.
Henriette Lamprecht
President Hage Geingob het aan die afgetrede luitenant-generaal John Mutwa wat Donderdag oorlede is, die status van nasionale held toegeken.

Mutwa sal 'n staatsbegrafnis ontvang, terwyl Geingob 'n routydperk van drie dae afgekondig het waartydens alle vlae in Namibië tot gister ook halfmas gehang het.

Die oorskot van wyle Mutwa sal in die Zambezistreek ter ruste gelê word op 'n datum en plek waarop die familie sal besluit. Die routydperk wat vir Mutwa deur president Geingob afgekondig is, sal saamloop met die nasionale routydperk ter ere van die ontslape stigterspresident van Zambië, Kenneth Kaunda.

“President Hage Geingob betuig sy innige simpatie met Mutwa se vrou, kolonel Selma Mutwa, kinders en die hele familie, ingesluit kamerade en vriende van hierdie uitstaande vryheidsvegter wat die land vanaf 'n jong ouderdom op die frontlinies van die vryheidstryd ondersteun en ná onafhanklikwording in die Namibiese weermag gedien het. In laasgenoemde het hy uiteindelik tot die rang van hoof van die NDF uitgestyg,” lui 'n verklaring deur Staatshuis.

FOTO Nampa

Mutwa is op 23 September 1960 in die Mahundu-nedersetting in die Zambezistreek gebore. Hy het as lid van die People's Liberation Army of Namibia (PLAN) by die vryheidstryd aangesluit. In 1990 het hy by die NDF aangesluit met die rang van luitenant-kolonel waar hy verskeie sleutelposte beklee het, ingesluit hoof van personeellogistiek en weermagbevelvoerder.

Op 31 Desember 2013 is Mutwa deur die voormalige staatspresident, Hifikepunye Pohamba, as weermaghoof aangewys, 'n pos wat hy tot en met sy aftrede op 31 Maart 2020 beklee het.

Gedurende sy tyd by die NDF is Mutwa verskeie kere met verskillende medaljes vereer, insluitend die uitstekende orde van die arend eerste klas.

– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!