Staatsbegrafnis vir Schimming-Chase
Staatsbegrafnis vir Schimming-Chase

Staatsbegrafnis vir Schimming-Chase

Denver Kisting
Denver Kisting - Die presidensie het laat vanmiddag (Woensdag) aangekondig die ontslape politieke raakvatter, me. Nora Schimming-Chase (77), gaan ‘n staatsbegrafnis kry.
Luidens ‘n verklaring deur die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, is ‘n gedenkdiens vir Vrydagmiddag in die parlementstuine geskeduleer. Schimming-Chase is vroeg Dinsdagoggend in ‘n Windhoekse hospitaal oorlede.
Sy sal Saterdag ter ruste gelê word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer