Staatsbestuur gemeet aan internasionale standaarde
Namibië se posisie op die globale verhoog wat staatsbestuur, persvryheid en deursigtigheid betref, is positief.
Estelle de Bruyn - Namibië het sleutel internasionale aanwysers aanvaar om die land se prestasie, wat staatsbestuur betref tydens die Harambee-periode, te meet.
Dit sluit in die Mo Ibrahim-indeks vir staatsbestuur, Deursigtigheid Internasionaal se indeks en die persvryheid-indeks van Verslaggewers sonder Grense.
Die aanvaarding van dié aanwysers blyk uit 'n aanbieding deur die president se ekonomiese adviseur, dr. John Steytler, tydens verlede week se perskonferensie by Staatshuis.
Steytler het daarop gewys Namibië se oorhoofste telling vir staatsbestuur op die Mo Ibrahim-indeks vir staatsbestuur het van 70,4 punte verlede jaar tot 71,2 punte vanjaar verbeter.
“Die gemiddelde punte vir Afrika suid van die Sahara was 50,8 punte wat Namibië 20,4 punte bo die gemiddeld te staan bring. Namibië is een van 18 lande in Afrika wat deurlopende verbetering in staatsbestuur die afgelope dekade getoon het, met die pas van verbetering wat die afgelope vyf jaar versnel het. Dít is 'n aanduiding van Namibië se vasberadenheid om voortdurend te verbeter,” het Steytler gesê.
Namibië het ook daarin geslaag om die nommer een land te bly wat persvryheid in Afrika betref, en is wêreldwyd in die 24ste posisie soos deur Verslaggewers sonder Grense gemeet.
Namibië het geen voorvalle van die mishandeling van verslaggewers gehad nie.
Namibië het nie die posisie vir deursigtigheid soos deur Deursigtigheid Internasionaal gemeet, verbeter nie, maar bly steeds een van die mees deursigtige lande op die vasteland.
Wêreldwyd beklee Namibië die 53ste posisie uit 176 lande.
In Afrika is Namibië die vyfde “skoonste” land wat korrupsie betref, het Steytler gesê.
Ander prestasies wat hy uitgesonder het, was die aanvaarding en implementering van die wet op verkryging, asook die wet op die beskerming van hokaairoepers en getuies.
Die eerste opname om burgers se tevredenheid met die regering se prestasie te bepaal, is vanjaar deur die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) uitgevoer.
Dié bevindinge is in Oktober aan die kantoor van die eerste minister oorhandig en op 29 November met permanente sekretarisse gedeel.
Die verslag is aan al die ministeries, kantore en agentskappe van die regering beskikbaar gestel, wat nou met regstellende maatreëls vorendag moet kom om kwessies op te los wat in die verslag aangedui is.
Volgens Steytler is vordering ook met e-staatsbestuur gemaak.
'n Verenigde Kommunikasiestelsel (UCS) is geïmplementeer wat staatsamptenare in staat stel om hul amptelike e-pos op enige plek, te enige tyd en op enige toestel te lees.
Altesaam 27 kantore, ministeries en agentskappe het reeds na UCS oorgeskakel en vordering word met die oorskakeling van die oorblywende instansies gemaak.
Tans kan aanlyn aansoek gedoen word vir omgewingsertifikate by http://eia.met.gov.na.
E-Justice maak onder meer liassering, hofsaakbestuur en die beskikbaarheid van hofuitsprake aanlyn moontlik by www.ejustice.moj.na.
Die registrasie van sakeondernemings kan by www.bipa.gov.na gedoen word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie