Staatsgeld in verkeerde sakke
Staatsgeld in verkeerde sakke

Staatsgeld in verkeerde sakke

Mandy Rittmann
JURIE VILJOEN SKRYF:

In die Sunday Times van 23 Mei 2021 is die opskrif: “Things fall apart.”

Soos iemand opgemerk het, SA is in sy m...

In een dorp is daar twee burgemeesters en twee speakers. In Lichtenburg "the stench of sewages run down the streets". Bloemfontein en Kaapstad spog met rommelhope, terwyl beeste, bokke en perde in die strate naby die internasionale lughawe rondloop.

Daar is 63 munisipaliteite wat in ’n finansiële krisis is, 40 meer het nie net finansiële krisisse nie, maar ook opstande oor dienslewering. Daar is 102 wat begrotings ingedien het wat hulle nie kan hanteer nie.

Minister Tito Mboweni het die parlement in SA ingelig dat miljarde begroot is vir plaaslike owerhede, “but little to show” as gevolg van swak bestuur.

Geld is egter nie ’n faktor nie; almal steel ten koste van die armes. ’n Man soos Gigaba het 200 pakke klere.

Kyk ons na Namibië, kan ons dieselfde sê?

Hoeveel geld is nie gesteel nie? Elke tweede persoon of sy vrou ry in ’n staatsbetaalde, luukse motor waarvan die ruite getint is. Dis hoekom hulle nie armoede sien buite die stad op pad na Brakwater toe nie.

Die belofte is binne twee jaar sal niemand in Namibië meer in ’n “shack” bly nie. Belaglik. Die klomp half-geboude huise oos van Swakopmund staan daar as monumente van onbevoegde bestuur deur die regering.

Geen staatsdepartement word so bestuur dat dit voortuitgang toon nie. Die vliegtuie is terug na hulle eienaars; klink asof daar elke maand ’n trein ontspoor. Dit is apartheid se skuld.

Dekades na onafhanklikheid staan die wit siele in die beskuldigdebank vir wat verkeerd was; hulle word weggewens.

Die ANC soek al dekades lank na Jan. Jan het drie en ’n half eeue gelede met drie skepies in die Kaap van Storms aangeland. As hulle net vir Jan kan vang, sal hulle hom aan die naaste boom ophang.

Wat gaan met Afrika aan?

Luister na ’n “man of colour”. Hy vra wat is fout met ons mense?

In Europa is daar tien miljoen mense in een stad, maar geen huis het ’n heining om nie. In Afrika lewe ons in huise met diefwerings, alarms en al die dinge rondom ons.

Watter land in Afrika word effektief bestuur?

Elkeen in hierdie land het ’n selfoon al is hy werkloos. In Europa het almal nie selfone nie. Jy klim in die meeste Europese state op ’n trein of bus sonder ’n kaartjie. As jy uitgevind word, word jou paspoort geëndoseer.

Ons dien ’n God van orde. My vraag is hoekom was dit Sy wil dat ons deur ordelose regerings bestuur word?

Ek dink mense moet na hulself kyk en wonder hoekom besteel ons die staat. “Die staatsdepartemente is nie ons s’n nie, ons werk net daar." Dis hoekom alles in duie stort.

Die grootste deel van Afrika haat Israel; die vraag is hoekom. Dis nie noodwendig my standpunt nie, maar ek lees ’n slagspreek op die openbare media. If you hates Israel, you hates God. Elkeen het ’n keuse om saam te stem of te verskil.

Die ergste onverstaanbaarheid is dat as daar ’n verkiesing is, dan stem al die lydendes maar weer vir dieselfde regering.

Ons is mense, ons kan dink. Dink dan asseblief.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!