Staatsgetuie ontken u2018threesomeu2019
Staatsgetuie ontken u2018threesomeu2019

Staatsgetuie ontken ‘threesome’

Van Townsend en Thomas se geïdentifiseerde MTC-selfoonnommers het die een ywerig met gister se getuie gekommunikeer en met die ander is ’n aantal boodskappe aan Heckmair gestuur.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Me. Lelanie Plaatjies het gister in Windhoekse hoërhof vir die staat getuig hoe sy en haar vriendin die twee Amerikaners op 31 Desember 2010 ontmoet het en vir ’n paar dae gereeld gesels en saam gekuier het.

Volgens haar het sy en me. Roxy Shaw die twee moordbeskuldigdes, mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend, in die vroeë oggendure van Nuwejaar in 2011 by ’n nagklub in Windhoek ontmoet.

Kevan het homself glo as “Kash” aan die twee vroue voorgestel en Thomas was glo “M”.

Volgens Plaatjies het hulle op 31 Desember by die nagklub ontmoet. In die daaropvolgende dae het hulle een keer by ’n eetplek ontmoet en die vroue was een keer by die mans se gastehuis.

SELFOONNOMMERS EN -REKORDS

’n MTC-werknemer, mnr. Glenn English, het getuig hy het op 29 Desember 2010 twee MTC-simkaarte aan die twee Amerikaners verkoop. Een nommer eindig met 4154 en die ander op 4153. English kon nie bevestig wie watter nommer gebruik het nie.

Die selfoonrekords het aangetoon dat die 4153-nommer vir Andre Heckmair op 2 Januarie 2011 vir die eerste keer gekontak het. Vanaf 4 tot 7 Januarie, die dag waarop Heckmair vermoor is, is 23 SMS’e vanaf die 4153-nommer na Heckmair se nommer gestuur.

Plaatjies het getuig sy en Townsend het kort ná hul ontmoeting mekaar se nommers gestoor. Volgens ’n polisieverklaring wat Plaatjies op 8 Januarie afgelê het (die dag ná die moord op André Heckmair, en Townsend en Thomas se inhegtenisneming), was Townsend se nommer 081 681 4154.

Die staat het dié nommer se selfoonrekords tydens die verhoor aan Plaatjies gewys en sy het haar eie nommer daarop geïdentifiseer. Vanaf 1 tot 3 Januarie het die twee mekaar verskeie kere gebel en SMS’e oor en weer gestuur.

Tydens Plaatjies se kruisverhoor het Thomas egter by monde van sy prokureur, me. Lilian Mbaeva, gesê die betrokke selfoonnommer het aan hom behoort en dat hy dit nooit aan haar gegee het nie.

Volgens Plaatjies se getuienis was die 4154-nommer Townsend s’n.

PLAATJIES ONTKEN ‘THREESOME’

Plaatjies het tydens haar aanvanklike getuienis gesê sy en Shaw is huis toe nadat hulle vir Nuwejaar by die nagklub gekuier het.

Townsend het wel deur sy verteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomuinji, gesê Thomas het hom en die twee vroue vanaf die nagklub na die gastehuis geneem waar die mans gebly het.

Volgens Townsend het hy, Shaw en Plaatjies toe seksuele omgang gehad.

“My klient sê hy het ’n ‘threesome’ met jou en Roxy gehad. Hy sê hy was in Roxy geïnteresseerd en dat jy jouself by die seksuele dade betrek het,” het Siyomuinji tydens kruisverhoor gesê.

Plaatjies het dié stelling ontken.

Sy het wel tydens kruisverhoor haar aanvanklike getuienis verander en gesê hulle was dalk by die mans se gastehuis nadat hulle by die nagklub weg is.

“Ek onthou ek was by die gastehuis, maar ek is nie seker wanneer dit was nie,” het sy getuig.

Sy het ook eers tydens kruisverhoor gesê hulle al vier het by die gastehuis dagga gerook.

Die verhoor duur voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.25 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 583.37/OZ UP +0.94% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 932.80/T UP 0.89% | Brent Crude Oil US$ 74.89/BBP UP +2.59% | Platinum US$ 986.27/OZ UP +1.93%