Staatshuis-man neem sy lewe by Midgard
Denver Kisting – ’n Senior bestuurslid van pres. Hage Geingob het Maandagoggend sy lewe geneem.
Dié voorval het op Midgard Country Estate buite Okahandja in die Otjozondjupastreek plaasgevind.
Republikein verneem senior bestuurslui in die presidensie sou van vandag tot Donderdag ’n slypskool daar hê om vir die res van die jaar te beplan.
Die oorledene sou deel van dié verrigtinge gewees het.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, die nasionale polisiewoordvoerder, het die voorval by navraag bevestig.
Hy sê die man is vanoggend dood in sy voertuig aangetref.
Hoewel geen selfdoodnota by hom gevind is nie, het hy vermoedelik met ’n pistool sy lewe geneem, sê Kanguatjivi.
Republikein weerhou die identiteit van die oorledene tot sy naasbestaandes oor sy ingelig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie