Staatshuisskuld byt Windhoek
Jare nadat Staatshuis weens veiligheidsredes op meer grond aangedring het, skuld hy die stadsraad steeds daarvoor.
Denver Kisting
Brandstof vir BBP's se begeleidingsdienste is een van die uitgawes wat die leë koffers van die Windhoekse stadsraad (CoW) verder melk.
Boonop is dié diens net vir Staatshuis bestem, maar ministers, hul adjunkte en ander hoëlui trek tans gratis hieruit voordeel.
Die einste Staatshuis skuld die stadsraad ook al jare vir grond rondom die presidentswoning waarop die veiligheidsone geleë is.
Die presiese bedrag hiervoor moet nog bereken word, verneem Republikein op goeie gesag.
Staatshuis is in 2002 in Auasblick ten bedrae van etlike miljoene gebou.
Dít is in 'n hoogs vertroulike dokument oor 'n CoW-vergadering vervat, wat sowat 'n week gelede plaasgevind het.
Hierin word gewaarsku die stad moet daarteen waak “om nie alles weens die finansiële situasie van die raad te verkoop nie”.
Die raad loop die gevaar om in 'n latere stadium verplig te wees om geboue te huur vir sy bedryfsbehoeftes as hy alles vanweë die geldknyp van die hand sit, lui 'n 90 dag-noodplan.
Mnr. Robert Kahimise, CoW se uitvoerende hoof, kon na wat verneem word laat verlede week nie daarin slaag om dié plan aan die raad te verkoop nie.
Soos sake tans staan, kan CoW in elk geval van sy geboue weens hemelhoë bankskuld verloor.
In dié stadium benodig CoW sowat N$600 miljoen vir sy oortrokke bankrekening.
Maar, maan die verslag, die presiese bedrag wat hy die bank skuld, is onduidelik. Dieselfde geld die skuld aan NamPower.
Kahimise se plan stel ook voor dat geen vakature tot aan die einde van die huidige finansiële jaar gevul word nie.
Besteding aan brandstof en oortydeise moet ook tot aan die einde van dié boekjaar verminder word, lui een van die noodaanbevelings.
Eiendomsverkope is boaan 'n lys dringende voorgestelde maatreëls om geld so gou moontlik in die hande te kry.
Volgens dié lysie sal CoW na verwagting N$200 miljoen kan in as hy die planne dadelik in werking stel.
Deel van die plan sluit 'n pleidooi aan openbare-private vennote vir 'n reddingsboei in.
Een van die grootste uitdagings wat CoW in die gesig staar, is dat sy begrote inkomste áltyd die uiteindelike werklikheid oorskry, lui die dokument. “Kennis moet geneem word dat departemente aflei wanneer daar 'n begroting is, is daar geld, wat nie altyd die geval is nie.”
'n Ander bron van kommer, lui die verslag, is dat die volhoubaarheid van die stadspolisie nooit getoets is nie.
Hiernaas neem CoW ook geen waardevermindering op sy bates in ag nie – “daarom het die stad geen reserwes nie”.
Die noodplan stel voorts voor dat kapitale projekte nie befonds moet word nie, behalwe as hulle behoorlik geregverdig word.
CoW is glo juis in die knyp omdat kapitale projekte herhaaldelik met bedryfsfondse betaal word, lui die verslag. Vir die huidige boekjaar is 'n bedryfsverlies van nagenoeg N$650 miljoen begroot.
Dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, het gister soos die graf geswyg toe hy oor die regrukplan om kommentaar genader is.
Hy het verlede jaar gesê hy het net die bedryfsbegroting goedgekeur om CoW in staat te stel om sy kontraktuele verpligtinge, soos die betaling van salarisse, na te kom.
Dr. Alfredo Hengari, presidensiële woordvoerder, het eweneens nie kommentaar op Staatshuis se skuld gelewer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie