Staatshulp vir Eskom bemoedig Wêreldbank
'n Internasionale bank het Eskom 'n dekade gelede byna US$4 miljard geleen om sy opwekkingskapasiteit te verhoog en om nog beurtkrag te voorkom.
Die Wêreldbank het nog nie vertroue verloor in die sukkelende Eskom nie – ondanks sy erge skuldrekord.
Die bank het Eskom 'n dekade gelede byna US$4 miljard (sowat R56 miljard teen vandag se wisselkoers) geleen om sy opwekkingskapasiteit te verhoog en om nog beurtkrag te voorkom.
Wanbestuur en die onbeteuelde groei van konstruksie-uitgawes het die kragverskaffer se geldsake egter al hoe verder laat versleg.
Die regering moes al telkens 'n reddingsboei na hom gooi.
Soos pas weer, toe pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede bekend gemaak het nog R230 miljard is op pad na Eskom toe. Die besonderhede sal eersdaags bekend gemaak word.
Op 'n vraag oor die voortgesette geldprobleme by die kragvoorsiener het die Wêreldbank in e-pos geantwoord: “Ons is bemoedig deur die pogings wat die Suid-Afrikaanse regering aanwend om Eskom te ondersteun, asook deur beloftes dat hy nie sal toelaat dat Eskom vou nie.”
Eskom het reeds 82% van sy Wêreldbank-lening gebruik, asook 21% van 'n afsonderlike lening van US$250 miljoen waarmee die produksie van groen energie bevorder moet word.
OORSPRONKLIKE LENING
Van die oorspronklike lening van US$3,75 miljard moes US$3,1 miljard gebruik word om die Medupi-steenkoolkragstasie te voltooi, US$260 miljoen aan wind- en sonkragprojekte bestee word en US$485 miljoen aan 'n betroubare spoorlyn vir die vervoer van steenkool.
Die Medupi-projek is reeds met jare vertraag en kos miljarde meer as verwag.
Die Wêreldbank het egter gesê hy voel gerus gestel deur Eskom “se verbintenis tot die voltooiing van die projek”.
Hy werk ook nou saam met die kragverskaffer aan die ingebruikneming daarvan, lui sy e-pos.
Daar word tans hard gewerk aan 'n regrukplan vir Eskom en Ramaphosa het meer as een keer gesê dit is 'n prioriteit om die kragverskaffer te red, anders gaan die hele ekonomie daaronder ly.
Ravi Bhatia, direkteur van graderings by die agentskap Standard & Poor's, het gewaarsku dat verdere reddingsboeie aan Eskom die land se finansies onder druk kan plaas.
Beleggers soos die T. Rowe Price-groep het gesê hulle is nog nie oortuig deur die beoogde regrukstrategie nie.
Die herlewing van die stotterende Suid-Afrikaanse ekonomie is direk gekoppel aan Eskom se finansiële toestand en die regering sal beslis geld verskaf om hom te red, het die adjunkminister van finansies, David Masondo, gesê.
“As Eskom in die pekel bly, gaan die ekonomie aansienlik terugsak,” het hy Maandag gesê. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie