Staatskole presteer 'ver van bevredigend'
Seuns is meer geneig as meisies om laer grade te herhaal en ook vroeër die skool te verlaat.
Henriette Lamprecht – Slegs sowat 57% het graad 10 geslaag, net 49% het graad 12 gehaal en wel die eindeksamen geskryf. Uit laasgenoemde kwalifiseer net 'n derde om by 'n kollege te studeer, met net meer as 'n vyfde wat vir universiteitstoelating kwalifiseer.
Volgens 'n omvattende Unicef-verslag wat 'n oorsig oor Namibië se eksamen- en evalueringstelsel gee, het 20% van graad 1-leerlinge die graad herhaal, terwyl meer as 30% van graad 8-leerlinge in die tydperk 2010 tot 2018 dié graad moes herhaal.
Die inligting vorm deel van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se inligtingsbestuurstelsel (EMIS).
Dit verwys ook na die hoë aantal leerlinge wat grade herhaal in die junior sekondêre fases in die tydperk 2011 tot 2017.
In 2018 het 20,3% van graad 1-leerlinge die graad herhaal en 22,3% van graad 4's, terwyl 29,3% van graad 8-leerlinge gedruip het en weer vir die graad moes inskryf. Leerlinge vaar ook power in wetenskappe en Engels in beide die primêre en sekondêre fases van onderrig.
Die verslag maan prestasievlakke in staatskole is steeds ver van bevredigend. Namibië se prestasies in wiskunde en lees verskil ook nie veel van dié in ander lande in suidelike en oostelike Afrika nie, wat oor die algemeen swakker vertoon in vergelyking met hoër middelinkomste-lande.
Lae vaardigheidsvlakke in die primêre skool sistemiese toetse (SAT's) wys ook hoë getalle kinders presteer steeds onder die wenslike vlakke vir wiskunde en lees.
Volgens die verslag is die gehalte van primêre onderrig swak en toon vaardigheidsvlakke ook nie 'n verbetering nie.
Veel vordering word ook nie gemaak in die aantal leerlinge wat graad 5 en 7 haal nie.
Die aantal leerlinge wat graad 10 slaag, het egter tussen 2005 en 2018 met 74% gestyg van net meer as 14 300 tot sowat 25 000. Dié toename was 'n belangrike faktor in die 41%-styging in die aantal voltydse graad 12-kandidate tusen 2007 en 2018.
Ook op 'n positiewe noot was daar 'n beduidende verbetering in dieselfde tydperk in die aantal kandidate wat aan die vereistes vir toelating tot onderskeidelik kolleges (85%) en universiteite (92%) voldoen het.
Die verslag sê meer meisies as seuns vorder na hoër grade.
Met verwysing na leesvaardighede in graad 5 en 7, vaar meisies aansienlik beter as seuns, terwyl die verskil in wiskunde en wetenskap minimaal is.
Dit is bykans onmoontlik om die vlakke van moeilikheidsgraad van verskillende vakke te bepaal, word gemaan.
Met verwysing na wiskunde is dit dikwels die geval dat die onderrig en leer veral moeilik in die konteks van ontwikkelende lande is, dikwels en soos in die geval in Namibië weens die skaarste van wiskunde-onderwysers.
Met betrekking tot geslag is seuns meer geneig as meisies om laer grade te herhaal en ook die skool vroeër te verlaat. Meisies was in 2015 in beide graad 10 en 12 sowat 54% van die totale kandidate.
Volgens die verslag het meer as 10 000 leerlinge ná hul graad 10-uitslae die skool verlaat, meer as 'n derde van dié wat die skoolbanke voor graad 12 in 2016 verlaat het. Nieteenstaande wys EMIS-data dat in 2015 net 45% van leerlinge in graad 12, 18 jaar of jonger aan die begin van hul graad 12-jaar was.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie