• Tuisblad
  • Sport
  • Staatsmiljoene vloei, maar stadion bly onbruikbaar
Staatsmiljoene vloei, maar stadion bly onbruikbaar
Staatsmiljoene vloei, maar stadion bly onbruikbaar

Staatsmiljoene vloei, maar stadion bly onbruikbaar

Die installering van die grootskerm aan die noordekant het N$7.3 miljoen beloop.
Andrew Poolman
Hesron Kapanga (Nampa) – Die ministerie van sport, jeug en nasionale diens het die afgelope elf jaar meer as 14 miljoen Namibiese dollar spandeer om ’n onbenutte LED-televisieskerm en luidsprekerstelsel by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek te laat onderhou.

Tussen November 2009 en Mei 2021, het dié praktyk die belastingtaler N$14 342.78 uit die sak gejaag. Die maandelikse onderhoudkoste het ’n allemintige N$240 000 beloop.

Galaxi Productions was vir twee termyne van vyf jaar gekontrakteer om die stelsel in ’n puik toestand te hou. Die LED-grootskerm aan die noordekant van die stadion is egter baie selde tydens geleenthede gebruik.

Dis ook onduidelik waarvoor die wavrag geld maandeliks aangewend is.

Die ministerie bly egter tjoepstil waarvoor die astronomiese bedrag gebruik was. Spesifieke vrae is twee weke gelede aan die ministerie gestuur, maar dié het nog nie daarop gereageer nie.

Roland Enke, hoofbeampte en stigter van Galaxi Productions, sê sy maatskappy het ’n ooreenkoms met die ministerie gehad om die toerusting teen ’n ‘minimale’ bedrag te onderhou en ook te bedryf.

“Ons het die toerusting voor die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi in Suid-Afrika geïnstalleer. Ons kontrak was vir twee termyne van vyf jaar,” het hy gesê.

Enke vertel niemand van die ministerie is sedert 2009 opgelei om die toerusting te gebruik nie. Dit beteken slegs die kundiges van Galaxi Productions kan die taak verrig.

Die hoofbeampte kon nie bevestig hoeveel die ministerie elke maand aan Galaxi vir sy instandhoudingsdienste opgedok het nie. Inflasie in die koste van materiaal maak die som glo moeilik, het Enke laat blyk.

Galaxi het in 2009 nie die toerusting met sy eie geld aangekoop nie. Die belastingbetalers moes toe N$7 315 253.80 vir dié luuksheid betaal.

Rol vorentoe tot vandag en die Onafhanklikheidstadion is in 2020 deur die Konfederasie van Afrika-sokker (CAS) en sokker se wêreldbeheerliggaam Fifa as onbruikbaar vir sokkerwedstryde verklaar.

Die uiteinde is dat die Namibiese Sokkervereniging (NFA) geen internasionale wedstryde daar kon huisves nie, met die Sam Nujoma-stadion in Katutura in dieselfde bootjie. Namibië se se nasionale spanne moet dus sedertdien teen astronomiese koste hul tuiswedstryde in Suid-Afrika gaan speel.

Die Stadions se onbruikbaarheid vir die aanbieding van sokker bly tot op hede onveranderd. Die ministerie van sport kon nog nie verklaar wat hul plan is om die Onafhanklikheidstadion of sokker in die land te red nie.

Atletiek word wel nog op die verweerde tartanbaan beoefen.

– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!