Staatsondernemings moet gehoor gee aan die wet
Staatsondernemings moet gehoor gee aan die wet

Staatsondernemings moet gehoor gee aan die wet

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Staatsondernemings moet gehoor gee aan die bepalings van die wet op die bestuur van staatsondernemings.
Die kabinet het verlede week opdrag aan alle ministeries, kantore en agentskappe gegee om hierdie opdrag aan alle staatsondernemings onder hul jurisdiksie oor te dra.
Dit was een van die kabinetsbesluite wat Vrydag deur die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Tjikero Tweya, tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak is.
By dieselfde kabinetvergadering is ook kennis geneem van die verslag oor die 48ste vergadering van die ministeriële aksiegroep van die Statebond wat op 20 April in Londen plaasgevind het.
Tydens die byeenkoms is verwikkelinge in die Maledive bespreek.
Die kabinet het goedkeuring verleen dat die regering van Namibië die regering van die Maledive aanmoedig om aksie te neem rakende die ses prioriteitsgebiede wat in Februarie­ vanjaar deur die ministeriële aksiegroep van die Statebond geïdentifiseer is.
Voorts het die kabinet toestemming verleen dat die ministerie van justisie vanjaar ’n vergadering van die nasionale en internasionale humanitêre regskomitees van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in Windhoek kan aanbied.
Twee jaar ná die 103de sitting van die Internasionale Arbeidskonferensie, wat vanaf 28 Mei tot 12 Junie 2014 in Genève, Switserland aangebied is, is die verslag van die konferensie aan die kabinet vir goedkeuring voorgelê.
Die kabinet het hiervan kennis geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer