Staatsrede: Nuwe besem vee vinniger, meen ekonome
’n Kenner meen pogings om geld terug te kry wat gesteel is deur korrupsie is baie positief.
Francois Williams – Die nuwe besem vee vinniger, is hoe prof. Jannie Rossouw van Wits se skool vir ekonomiese en bestuurswetenskappe pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede beskryf.
Die rand het in reaksie op die staatsrede teen die dollar verstewig.
Eskom opgedeel
Kenners is veral beïndruk met die drastiese aankondiging oor Eskom.
Chris Yelland, uitgewer van EE Publishers, sê Ramaphosa het ’n baie duidelike boodskap uitgestuur dat fundamentele herstrukturering by Eskom gaan plaasvind.
Ramaphosa het selfs verder gegaan as wat Yelland verwag het, deurdat drie afsonderlike entiteite binne Eskom geskep gaan word en dat die transmissie-afdeling reeds nou al voorberei sal word om ’n onafhanklike netwerkoperateur te word.
“Dit wys hy het ’n visie en plan vir die energiesektor. Daar hoef nie nog gewag te word vir wetgewing (die sogenaamde Ismo-wetsontwerp) om die netwerkoperateur te skep nie.”
Yelland meen Ramaphosa het ook die nodige gerusstelling aan die vakbonde gegee dat hulle gekonsulteer sal word oor die veranderings by Eskom.
Ted Blom, konsultant van Mining & Energy Advisors, het vroeër gesê om Eskom in drie te verdeel, is nie genoeg nie. ’n Grondige herskikking van die Suid-Afrikaanse energiemark is nodig.
Rossouw is wel bekommerd dat daar steeds onduidelikheid is oor hoe die regering Nasionale Gesondheidsversekering wil finansier aangesien die vorige weergawe al by die R600 miljard sou kos.
“Ons sal die detail moet sien, hoe die rykes die armes gaan subsidieer,” sê hy.
“Wat baie positief is, is die herbesinning oor die optimale grootte van die staat, die hernieude fokus op vervolgingskapasiteit en die pogings om geld terug te kry wat gesteel is deur korrupsie.
“Ons hoop dit sal werk, want die geld wat teruggekry word, sal vir ander projekte aangewend kan word.”
Oor die verdeling van Eskom in drie meen Rossouw wat Eskom baie dringend nodig het is om sy kostestruktuur te verlaag en sy personeel te verminder.
“Eskom doen sake in ’n krimpende mark. Hy verstaan self nie mooi of sy verkope krimp weens hoër pryse of weens die onbetroubaarheid van sy kraglewering nie, maar hy is op ’n afwaartse spiraal.”
Dawie Klopper, ekonoom van PSG, meen Ramaphosa verstaan die noodsaak om die ekonomie te herstel. “Die aankondiging oor Eskom is baie korrek en belangrik.
“Privatisering behoort daarby te kom, maar die klem is reg. Hierdie is die soort goed wat die mark wil hoor.”
Die rand het van die begin van Ramaphosa se toespraak van sowat R13,66 teenoor die dollar tot soveel as R13,57 versterk, wat ’n aanduiding kan wees dat die kapitaalmarkte ook hou van wat Ramaphosa gesê het.
Die enigste bron van korttermyn-groei tans is investering, sê Klopper.
“Daarom is dit goed dat Ramaphosa daarop klem gelê het. As jy die vertroue herstel, sal plaaslike en buitelandse investering terugkom. Dis ’n baie beter staatsrede as die vorige president s’n.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie