Stad afgesluit uit vrees vir militante
Stad afgesluit uit vrees vir militante

Stad afgesluit uit vrees vir militante

Filippyne
NAMPA
Die Filippynse stad Iligan is oorstroom met vlugtelinge en is gister afgesluit weens vrese dat militante van die Islamitiese Staat-groep (IS) wat uit nabygeleë Marawi ontsnap het, na Iligan onderweg kan wees.

In Marawi veg regeringsmagte vir die sewende agtereenvolgende dag teen IS om hulle uit te dryf.

Die gevegte in Marawi met pro-IS-militante van die Maute-groep is die grootste veiligheidsuitdaging van pres. Rodrigo Duterte se 11 maande lange bewind. Gewapende militante skuil in die stad en weer helikopterlugaanvalle en aanvalle deur kommando's op die grond af.

Die meeste van Marawi se 200 000 inwoners het die stad verlaat en skuil in Iligan, ongeveer 38 km verder.

“Ons wil nie hê dat dit wat in Marawi gebeur, oorspoel na Iligan nie,” het kolonel Alex Aduca, bevelvoerder van die vierde gemeganiseerde infanterie­bataljon, gesê.

Hy sê sommige rebelle is gevang wat probeer het om Iligan binne te kom, maar hy het geen verdere besonder­hede verskaf nie. - Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!