Stad se slypskool oor grond kos derduisende
Stad se slypskool oor grond kos derduisende

Stad se slypskool oor grond kos derduisende

Windhoek se sake
Augetto Graig
Augetto Graig – Stad Windhoek het bevestig dat die vyfdaagse slypskool van die raad en topdireksie oor grondkwessies die munisipaliteit N$188 000 uit die sak sal jaag.

Aanvanklik was die spekulasies dat die week by die luukse Midgard-oord tussen N$200 000 en N$300 000 beraam word, moeilik om te weerlê omdat inligting nie beskikbaar gestel is nie.

Die voormalige burgemeester en stadsraadslid vir Swapo, me. Fransina Kahungu, sê reëlings vir die slypskool is deur stadsamptenare gedoen, nadat die raad vroeg in Augustus die slypskool goedgekeur het. “Dus het ek geen idee oor die totale bedrag bestee op die slypskool nie,” het sy gesê.

Hoewel burgemeester dr. Job Amupanda nie op navrae geantwoord en nie sy selfoon geantwoord het nie, en die munisipaliteit se uitvoerende beampte vir finansies me. Jennifer Comalie gesê het die hoofstad se amptelike woordvoerders sal later antwoorde op vrae voorsien, kon besonderhede eers net na 17:00 gister bevestig word.

Die woordvoerder, me. Lydia Amutenya, kon vasstel dat 15 raadslede en 15 stadsbeamptes deelneem aan die slypskool wat vandag ten einde loop. Van dié getal het 25 die week daar oorgeslaap.

“Die slypskool is daarop gemik om die stand en die ontwikkeling van geïntegreerde en doelgerigte strategieë oor grond en behuising in diepte te ondersoek,” brei sy uit. Sy sê terugvoering oor die uitkoms van die slypskool sal volgende week met die publiek gedeel word.

Die hoofstad worstel al lank om sy boeke te laat klop en die nuutste goedgekeurde begroting van N$4,9 miljard vir die finansiële jaar 2021-’22 dui dat sowat N$4,4 miljard vir operasionele uitgawes aangewend sal word.

As waardevermindering in berekening gebring word, sal dit die stadskas in die huidige finansiële jaar met ’n tekort van sowat N$351,6 miljoen laat.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!