Stad vol teenstrydighede
Die eilandstad Venesië bestaan uit verslonsde geboue tussen die water, vrot mure en goud, maar tussen dit moet daar iewers nog iets heiligs oorlewe.
Pedro Vorster
Skoonheid vra nie om verskoning nie. Ken ook nie kortpaaie nie. ’n Kunsmateriaalwinkel verkoop helder kleurpigmente vir kunstenaars wat hul eie verf wil meng. Suiwerder as dít gaan jy nie sommer kommersieël kry nie.
Venesië het winkels vir elke smaak, gier en afwyking. Een met erotiese poppe, bebaarde gegrimeerde mans in onderbroekies, laat ’n groep middeljarige toeriste hand voor die mond, stout verbygiggel.
Die Doge of Hertog was die eertydse staatshoof van Venesië. Sy paleis en katedraal grens aan die bekende San Marko-plein. Toeriste stroom in hordes na dié wêreldberoemde bakens. Sy domkerk word toegewy in 1094 nC en is ’n uitstekende voorbeeld van Bisantynse argitektuur. In ’n neutedop beteken dit die kerk het ’n sentrale koepel wat sy staan kry op ’n vierkantige basis. Die oppervlak van so ’n gebou word gewoonlik oordadig versier en dan veral met godsdienstige temas. Die Doge se koepelkerk voldoen en oortref al dié kenmerke.
Besoekers kan gratis toegang kry tot ’n gedeelte van die kerk maar vir die res moet jy betaal. (Hierdie is Venesië) ’n Industrie, byna sluikhandel, het ontstaan rondom besoektye. Jy kan die schlep van die elle- urelange toue vryspring met die hulp van “Jump the queue”-agente, of by ’n georganiseerde groep inskakel vir voorkeur toegang.
Die Penny Guggenheim-galery in die voorstad Dorsoduro, is ook gewild genoeg om ’n marathon ry te groei. Jaarliks rek 400 000 besoekers se oë om die “moderne” kunswerke te sien wat sy hoofsaaklik bymekaar gemaak het tussen 1938 en 1946. Sy is die vrou van die surrealis Max Ernst en woon vir drie dekades in die 18-eeuse paleis, Venier de Leoni, waar die versameling gehuisves word. Hoe gelukkig kan ’n kunsliefhebber dan wees?
Langs die een gondola-vasmeerplek by die hoofkanaal het ’n stagnante opdrifselwolk versamel. Niemand wou daarna kyk of raaksien nie, maar dit was daar.
Ons laaste nag in Venesië word gekortwiek deur vlymskerp blitse en ’n geroffel. Dit is koes-koes bly-binne stortreënweer. En die waters val oordadig uit den hemele of die elemente daardie vloed wil herhaal waarvan Paolo, die hotelier, ons vroeër van vertel het. Ons het op die hotelletjie se vyf eeue oue daktuintjie gekuier, toeganklik gemaak deur ’n stel pasoppiekoppie-trappe. Van hier het ons ’n rustige namiddag uitsig gehad oor die dakke van die sinkende stad. Die antieke dakteëls het lui saamgewerk en ingesypelde vrede van dekades uitgestraal.
Paolo het verder vertel van ’n ou paganistiese lente Carnevale wat tot vandag toe nog gevier word om die seegode te kalmeer. Die Venesiërs sweer dan trou aan die see.
Hy blameer globale verwarming vir die storm wat die blink stad gedurende Oktober 2018 van alle waardigheid gestroop het. Die watervlak het toe met oor ’n meter en ’n half gestyg. Driekwart van die ou stad se geboue was oorstroom. Dit was genoeg om die rioolstelsel oneffektief te maak. (My gedagtes slaan terug na die ou man wat ek visse, skaars groter as sy hand, sien uittrek het in ’n nou sygrag. Sy profiel het ’n sweempie Romeinse bloed verklap. Hy het sy vangs doodluiters op die reëlingmuur staan en skraap en die skubbe en binnegoed net so gelos vir die meeue. Ek het gegru aan sy maal.)
Die portaal van die hotelletjie was oorstroom. Volgens Paolo was daar toe dinge in die drinkwater, selfs binnenshuis, tot by die vierde trap. Na ’n paar dae, toe die watervlak weer gedaal het, moes hulle ontsmet. Dit was ’n vernederende episode.
Daardie keer het die paganistiese seegode hul rug op die rykes gedraai en was die stad, die kommersiële kultuurhool, sy etiket werd. Bo blink, maar onder stink.
’n Digter voel die stormdrang van woorde en moet ’n slim gedig skryf in lipstiffie op die venster van ’n leë winkel. Die onderskrif, vrylik vertaal, spreek die gees van die stad aan: “Is dit ’n kneusplek of ’n tattoo?”
Eilandstad Venesië is soos ’n mishandelde vrou. Maar tussen die verslonsde geboue, tussen die water, vrot mure en goud, moet hier iewers nog iets heiligs oorlewe.
KASSIE
Kitsfeite oor die stad van brûe
Stad bestaan uit 118 mini-eilande
Hierdie eilande word met ongeveer 400 brûe en meer as 170 kanale verbind en is in die vlak water van die Venesiese strandmeer geleë. Die Venesiese strandmeer is gelys as ’n Wêrelderfenisgebied.
Venesië is die tuiste van een van die smalste strate ter wêreld
Die smalste straat in die stad, Calle Varisco, is net 53 cm breed.
Venesië sak met 'n tempo van 1-2 millimeter per jaar
Dit is as gevolg van die stygende seevlak.
Venezuela is na Venesië vernoem
Venezuela, 'n land in Suid-Amerika, is vernoem na Venesië. Venezuela beteken ook 'klein Venesië' in Spaans.
Houtstutte
Hierdie stad is op houtstutte gebou en nie direk op die oppervlak van die eiland nie. Daar is meer as 100 000 houtstutte onder die eilande wat oorspronklik gedien het as die fondament vir die vissershuise wat Venesië gevestig het. Hierdie stapels is afkomstig van die Karst-streek (nou Slowenië), en uit woude verder suid wat nou as Kroasië en Montenegro bekend is.
Eerste openbare kasino ter wêreld
Die Casino di Venezia of Casino of Venice word beskou as die oudste kasino ter wêreld en is in 1638 geopen.
Daar is elke jaar slegs 3 of 4 nuwe gondoliers
Jy het ’n professionele lisensie nodig om ’n gondelier te word. Die beroep is hoofsaaklik eeue lank van vader na seun oorgedra. Daar word egter jaarliks slegs ongeveer drie of vier nuwe lisensies uitgereik. Die kursus behels 400 uur opleiding om die nodige vaardighede by ’n gondolier aan te leer. Kandidate moet ook die Venesiese geskiedenis en besienswaardighede bestudeer en ’n eksamen aflê.
Wie bly waar?
Huise in Venesië is volgens distrikte genommer, nie strate nie, wat dit moeilik maak om adresse te vind. Die reël is om na ’n monument, winkel of landmerk in die omgewing te soek.
Spookdorp
Die bevolking van Venesië het in die afgelope 50 jaar van 120 000 tot 60 000 afgeneem. Sommige kenners meen dat Venesië teen 2030 ’n spookdorp kan wees met slegs toeriste wat bedags besoeke aflê.
KASSIE
Besienswaardighede
Die lys van besienswaardighede in Venesië is lank. So lank dat dit dae sou neem om by alles uit te kom. Hier is ’n kort lys van hoogtepunte vir enige besoekers aan Venesië.
St. Markus-basilika (Basilica di San Marco)
Hierdie uitgebreide kerk is op die gewilde piazza met dieselfde naam geleë. Die kerk is gebou ter ere van die evangelis Markus, wie se oorskot uit sy huis in Alexandrië, Egipte, gesteel is. Sy oorskot is deur ? paar Venesiërs in varkvleis en koolblare weggesteek met die doel om hom in Venesië te begrawe.
Die Grand-kanaal
Die 2 km lange kanaal, wat as die hoofstraat van Venesië beskou word, is een van die gewildste en mees gefotografeerde besienswaardighede in die stad.
Die Railto-brug
Eeue gelede was die Rialto-brug die enigste manier om die Grand-kanaal oor te steek. Daar is nou vier groot brûe wat die kanaal oorsteek, maar Rialto is verreweg die bekendste. Die brug word as ’n ingenieurswonder beskou.
La Feniceis-teater (Teatro La Feniceis)
Die Teatro La Feniceis is een van die gewildste operahuise in Italië. Die operahuis is onlangs opgeknap, maar het steeds ’n ouwêreldse gevoel met dekadente, ingewikkelde goue afwerkings, toegerus met sagte, rooi fluweelstoele. Dit is die perfekte omgewing vir klassieke Italiaanse opera.
St. Markus-plein
St. Markus-plein, oftewel Piazza San Marco, word deur baie mense as die hart van Venesië beskou. As die grootste plein in Venesië, is St. Markus-plein die enigste piazza in die stad. Daar is verskeie historiese terreine langs die plein, onder meer die St. Markus-basilika, die St. Markus-kampaniel en die Doge-paleis. ’n Aantal restaurante in die plein maak dit die perfekte plek om ’n glas wyn en tradisionele carbonara te eet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie