Stadpolisieman skuldig aan moord
Stadpolisieman skuldig aan moord

Stadpolisieman skuldig aan moord

Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Stadpolisieman Justin Munsu Simataa (31) is vanmiddag deur regter Nate Ndauendapo in die Windhoek hoërhof skuldig bevind op die moord op die 25-jarige mnr. Firmino Fabrice Mael. Simataa het die magasyn van sy vuurwapen in die vroeë oggendure van 26 Oktober 2012 leeggeskiet op die motor waarin Mael en sy vriende was. Mael het op die toneel gesterf en sy vriend, mnr. Millikando Likando, is ernstig gewond.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer