Stadslewe en kunste vat hande
Die Otjomuise Live Arts Festival betrek meer as 30 kunstenaars en vind tot eerskomende Saterdag in die hoofstad plaas.
Met die aankondiging van die Otjomuise Live Arts Festival (Olaf) – wat deur die Goethe-Instituut en die Nasionale Teater (NTN) aangebied word – het meer as 30 kunstenaars die paal gehaal om deel te neem aan dié weeklange fees. Die fees vind tot 13 November oraloor die hoofstad plaas.
Olaf is grotendeels begin weens die ontoeganklikheid van verskeie artistieke platforms vir die meerderheid van Windhoek se inwoners. Dié platforms is dikwels beperk tot binnenshuise ruimtes en – by tye – ontoeganklike gebiede van die stad.
In samewerking met die Windhoekse munisipaliteit, Conference Sound Audio Visuals (ConSoAV) en NBC, bied Olaf geleenthede vir die tentoonstelling of installering van meesleurende, eksperimentele en verfrissende kunsvorme in openbare ruimtes waar die stadslewe en die kunste mekaar kan ontmoet.
Die gesinsvriendelike fees kan gratis bygewoon word en is oop vir die publiek, en bevat kleinskaalse gebeure, installasies, optredes, musiekoptredes en interaktiewe geleenthede wat verspreid oor die stad aangebied sal word.
Die naam Otjomuise is afgelei van die Otjiherero-naam vir die stad, wat “plek van stoom” beteken. Die naam weerspieël nie net die stad se unieke omgewingskarakter nie, maar ook sy ryk erfenis en kreatiewe invloed op sy inwoners. Die fees, wat voortaan op 'n jaarlikse basis sal plaasvind, het uiteindelik ten doel om by te dra tot 'n stadslewe wat dinamiese en toeganklike lewendige kunsvorme vir kohesie, kollektiewe refleksies en verligting moontlik maak.
Die term lewendige kunste verwys hoofsaaklik na die stel van optredes of gebeurtenisse wat deur kreatiewe praktisyns onderneem of opgevoer word as kunswerke – gewoonlik innoverend en verkennend van aard.
Nelago Shilongoh, artistieke direkteur van die NTN, sê Olaf is ontwerp om die kreatiewe kunste na die stad oor verskeie openbare ruimtes uit te brei om die beswaar van ontoeganklikheid tot lewendige kunste vir vele van die stad se inwoners aan te roer. “As Afrikane kom ons uit 'n tradisie van opelugoptredes en kreatiewe vorme, en ons wil graag terugkeer na hierdie inklusiewe omgewing – veral tydens die pandemie – om veilige toegang tot ons kunsvorme te bied.
“Die fees het ook ten doel om die klassisme wat met Windhoek se kunsprogramme geassosieer word, aan te pak deur dit na die algemene publiek uit te brei sodat hulle aan ons plaaslike talent blootgestel kan word,” het sy gesê.
Oor die belangrikheid van openbare kunste, het die direkteur van die Goethe-Instituut in Namibië, Dennis Schroeder, gesê dit voeg waarde tot ons alledaagse lewens en die ruimte waarin ons leef.
“Openbare kuns help mense om bande met 'n plek te vorm, tuis te voel en hul ruimte te waardeer. Kreatiewe entrepreneurskap word toenemend 'n pilaar van nasionale en globale ekonomieë. En kulturele identiteit word uitgedruk in 'n openbare forum en toeganklik vir almal.
“Laastens gee openbare kuns ons 'n kort blaaskans en vermaak en vestig ons aandag op kwessies wat ons almal raak,” het hy gesê.
Die plaaslike kunstenaar ML Musik se liedjie “Windhoek City”, wat die stad se rou talent en kreatiwiteit prys, is as die fees se temalied gekies.
Oor die waarde daarvan om ons plaaslike kunsbedryf te waardeer en diversifiseer, sê ML Musik: “Lagos is bekend vir vermaak, Johannesburg is bekend vir vermaak, Nairobi is bekend vir vermaak. Dis omdat hierdie lande hul eie kunste geprioritiseer en omarm het.
“Windhoek is een van die beste toeriste-aantreklikheidstede ter wêreld en plaaslike kunste kan 'n groter rol speel in die vorming van die toerismebedryf en uiteindelik die uitvoer van kuns deur dié toeriste.
“Vir 'n land met 'n bevolking van 2,5 miljoen mense het ons meer as vyf musiekgenres wat die wêreld nog nie ontdek het nie. As 'Afrobeats' die wêreld kan oorneem, sal ons unieke artistieke uitdrukkings ook.”
Die fees sluit af met 'n gratis musiekopvoering komende Saterdag vanaf 19:00 – wat musiekoptredes deur MarvTown, Nga-I, ML Musik, Adora, Asserdeep en Big Ben sal insluit.
Die fees word ondersteun deur die afvaardiging van die Europese Unie (EU) aan Namibië, Equipped Dance Academy, die Kollege van die Kunste (Cota), Eldorado Sekondêre Skool en Tobias Hainyeko Primêre Skool.
Sien die volledige program by ntn.org.na.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie