Stadspolisie se woordvoerder vra borg
In die verkragtingsaak staan die staat borgtog teen en sal vandag twee getuies roep.
Augetto Graig - Die woordvoerder van die Windhoekse stadspolisie, waarnemende sers. Fabian Amukwelele (37), het gister tydens sy borgaansoek in die landdroshof in Katutura getuig.
Hy is in aanhouding op ’n klag van verkragting.
Die staatsaanklaer, mnr. Rowan van Wyk, staan borgtog teen. Volgens die staat kan Amukwelele met die ondersoek inmeng en borgtog is nie in openbare belang nie.
Sy prokureurs, mnr. Mbushandje Ntinda en mnr. Eino Nangolo van Sisa Namandje & Co Inc, het Amukwelele voor seniorlanddros Shaatuna Kalla laat getuig.
Amukwelele sê hy is onskuldig en die seksuele interaksie met die vrou wie hom beskuldig, wedersyds was.
Hy sê sy het op 10 Januarie vanjaar omstreeks 20:00 by hom in sy enkelkamer in ’n agterplaas kom kuier en sy het sepies op sy rekenaar gekyk.
Hy is later vir werk uitgeroep en sy het agtergebly. Met sy terugkoms by die huis vanaf ’n grusame ongelukstoneel was hy te moeg om haar huis toe te vat en hy is bed toe nog met sy klere aan, sê Amukwelele.
Die volgende oggend het hy van geluide wakker geskrik. Die geluide was afkomstig van die hoofhuis se inwoners wat die tuin skoongemaak en in die motorhuis gewerk het. Sy het haar arm om hom gesit en hulle het begin soen.
“Ek het haar gevra om die kondoom uit die laai langs die bed uit te haal. Sy het dit vir my aangesit,” vertel hy.
Die kondoom het gedurende seks gebreek.
“Ek het vir haar gesê die kondoom is stukkend en ek het binne haar gekom,” volgens Amukwelele.
Volgens Amukwelele het hy daarna gaan stort en sy uniform vir werk aangetrek. Nadat sy ook aangetrek het, het hulle saam die huis verlaat.
Hy sê sy het nog sy verhuurder in Oshiwambo gegroet.
Volgens Van Wyk verskil die betrokke vrou se weergawe. Sy sê glo Amukwelele het haar motor vasparkeer met sy terugkoms en wou nie die motor wegtrek sodat sy kon huis toe gaan nie.
“Sy sê toe sy wakker skrik het jy haar gesê jy is jags. Jy het gaan stort en naak uitgekom. Toe dwing jy haar om seks te hê en het geen kondoom of beskerming gebruik nie,” het Van Wyk aan Amukwelele gesê.
“Ek stem nie daarmee saam nie,” het die polisieman geantwoord.
Volgens Van Wyk het die klaer daardie oggend ook haar dokter besoek en gesê sy is verkrag, maar wou dit nie openbaar maak nie. Sy was bang niemand sou haar glo nie weens Amukwelele se posisie.
Dit is later bevestig dat sy swanger was en sy het ‘n aborsie ondergaan.
Amukwelele is op 13 Maart ingelig van die klagte teen hom en is op 8 April in hegtenis geneem.
Die saak duur vandag voort. Die staat moet nog twee getuies roep.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie