Stadspolisieman: Borgaansoek duur voort
Beweerde dreigemente deur en die invloed wat ’n bekende wetstoepasser kan misbruik, het gister tydens sy aansoek om borgtog onder die soeklig beland.
Augetto Graig - Die staat en die verdediging sal na verwagting vandag slotbetoë lewer in die formele aansoek om borgtog deur waarnemende sersant Fabian Amukwelele, ’n stadspolisiewoordvoerder, wat op aanklag van verkragting teregstaan.
Die staatsaanklaer, mnr. Rowan van Wyk, het gister op die tweede dag van die borgtogverrigtinge die ondersoekbeampte, sersant Emilie Nambahu, geroep om te getuig.
Nambahu, van die polisie se beskermingseenheid teen geslagsgegronde geweld, het aanvanklik die ondersoek teen Amukwelele gelei voor sy die dossier aan Nampol se interne ondersoekeenheid oorhandig het.
Sy het ingetree ná die klaer aanvanklik glo nie die regte behandeling ontvang het nie tydens haar eerste poging om die beweerde verkragting aan te meld.
Nambahu was betrokke toe die klaer se verklaring geneem is, en het ook die aanvanklike onderhoude met ’n oom van die klaer en ander getuies behartig.
In antwoord op Van Wyk se vraag oor hoe sterk die staat se saak teen Amukwelele is, het Nambahu geantwoord: “Ja, ek glo die staat het ’n sterk saak in hierdie geval.”
Dié indruk is geskoei op SMS’e en klankopnames van telefoniese gesprekke tussen Amukwelele en die klaer, sê sy.
Van Wyk wou ook weet oor ’n SMS wat Amukwelele glo aan Nambahu gestuur het – dae ná die saak teen hom aanhangig gemaak is.
Sy sê Amukwelele wou in dié boodskap glo weet hoe ver die ondersoek gevorder het en of hy toegang kon kry tot die klagstaat om aan sy prokureurs voor te lê.
Dit was nog voor hy amptelik aangekla of in hegtenis geneem is.
“Hy het my ook ingelig dat as ons ’n aborsie teen sy wil laat doen, hy my siviel sou dagvaar,” het sy getuig.
“Ek het bedreig gevoel,” sê sy.
Nambahu het ’n aborsie vir die klaer bemiddel deur ’n landdros te nader en met die betrokke dokter wat die prosedure sou uitvoer, te kommunikeer.
“Ek het die middelman tussen die hof, die dokter en die klaer gespeel,” sê sy.
Aborsie is onwettig in Namibië behalwe in die geval van verkragting, bloedskande, betrokkenheid van ’n minderjarige of weens mediese redes, het sy ná die uitstel van die verrigtinge gesê.
Nambahu het getuig die klaer het reeds die oggend ná die beweerde voorval in Januarie vanjaar haar huisdokter vir ’n ondersoek gaan spreek weens die beweerde verkragting.
Later, as deel van standaardprosedures, is sy ook deur ’n staatsdokter ondersoek nadat die klag aanhangig gemaak is.
Volgens die ondersoekbeampte vorm albei dié mediese verslae deel van die dossier.
Van Wyk het bevestig die verdediging beskik reeds oor die volledige openbaarmaking van die staat se saak.
Alhoewel dít deel van die Namibiese regsproses is, word dit nie gewoonlik gedurende die ondersoek, of in so ’n vroeë stadium gedeel nie, sê hy.
Hy het Nambahu gevra of sy die inligting met Amukwelele se regspan gedeel het, en sy het dit ontken.
Hierop het Van Wyk gesê: “Ons het dit nie vir hulle gegee nie, hoe kry hulle dit dan?”
Amukwelele se stand in die samelewing en sy posisie in wetstoepassing is deel van die redes hoekom hy dalk met die hangende ondersoek kan inmeng, het die ondersoekbeampte getuig.
“Aangesien hy ’n polisiebeampte is, met kennis van die wet, kan hy inmeng soos hy met my probeer doen het, en ons weet nie waartoe hy in staat is nie,” sê Nambahu.
“Ja ek maak beswaar teen die toestaan van borgtog. Die saak is nog in sy aanvanklike stadium; die slagoffer is getraumatiseer,” sê Nambahu.
Mnre. Mbushandje Ntinda en Eino Nangolo tree namens Amukwelele op.
Senior landdros Shaatuna Kalla is op die bank.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie