Stadsraad moet nog verkeeramnestie implementeer
Die Windhoekse stadsraad wag steeds vir 'n verslag oor verkeersoortreders van die stadspolisie om riglyne aan die raad te verskaf om amnestie te implementeer vir motoriste in die hoofstad met uitstaande verkeersboetes.
Burgemeester Job Amupanda het sy ontenvredenheid uitgespreek oor die slakkepas waarmee raadsbesluite implementeer word. Dit sluit in die implementering van amnestie vir verkeersoortreders wat tot stilstand gebring is omdat die stadspolisie nie die verslag voorlê wat by die misdaad regsforum met die aanklaer-generaal bespreek moet word nie.
Amupanda het in Desember verlede jaar gesê die munisipaliteit sal amnestie verleen aan alle motorbestuurders aan wie boetes en lasbriewe vir in hegtenisname voor 2 Desember 2020 uitgereik is. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie