'Stakende' vissers weer aangestel
'n Plaaslike vismaatskappy het onderneem om vissermanne in diens te neem wat hul werk meer as vyf jaar gelede verloor het.
Leandrea Louw op Swakopmund – Die oorblywende 290 vissermanne wat werkloos is vandat hulle vyf jaar gelede aan 'n onwettige staking deelgeneem het, gaan deur 'n plaaslike vismaatskappy in diens geneem word.
'n Beraamde 4 000 werknemers het in 2015 vir beter salarisse gestaak, maar is afgedank nadat bevind is die staking was onwettig.
Die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre, het die vissermanne in 'n oop gebied langs die Kuisebmond-sokkerstadium ontmoet wat die afgelope paar jaar hul daaglikse ontmoetingsplek was. Hy sê 'n kabinetresolusie is in 2020 aanvaar wat met die herontplooiing van die vissermanne verband hou.
“Die herontplooiing is in drie kategorieë verdeel, naamlik die voormalige Namsov-werknemers, die stakende vissermanne en alle ander werklose vissermanne. Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne is opdrag gegee om 'n kwota aan spesifieke maatskappye beskikbaar te stel om hierdie vissermanne in diens te neem. In terme van die kwota wat ontvang is, moes die maatskappye aandui hoeveel mense hulle in diens kan neem. Die ministerie het reeds ooreenkomste met die maatskappye onderteken.”
Maatskappye wat sommige van die vissermanne in diens geneem het, sluit in Tunacor Fisheries, Merlus Group, Cavema Fishing en Hodago Fishing.
“Aanvanklik het die vismaatskappy net ingestem om 200 werknemers in diens te neem, maar ná gesprekke is besluit om al 290 vissermanne in diens te neem. Ek gaan die uitvoerende direkteure van visserye en arbeid, vakbondleiers en die maatskappy ontmoet om die ooreenkoms te finaliseer.”
Na bewering gaan Hangana Seafood Pty Ltd, 'n filiaal van die Ohlthaver & List-groep, die vissermanne in diens neem.
“Ek simpatiseer met julle en julle lewensomstandighede sedert julle jul werk verloor het. Ons is almal bekommerd oor julle lewensomstandighede en ons wil sien dat dit verbeter,” het André gesê.
Namibia Fishing Industries en die Namibië Visbedryf- en Viswerkersvakbond (NFI en FWU) het die goewerneur by gesprekke betrek oor die lot van die oorblywende vissermanne.
Die president van NFI en FWU, mnr. Daniel Imbili, het op sy beurt gesê dit was pynlik om die lyding van die vissermanne te sien.
“Broers, kom ons herhaal nie die foute van die verlede nie. Kom ons beplan die pad vorentoe. Daar is steeds nog 'n pad om te stap om te verseker dat alles 'n sukses is. Ons wil nie nog vissermanne sien wat hier moet staan nie,” het hy gesê.
– [email protected]
FOTO
Vissermanne luister na die goewerneur van die Erongostreek, mnr. Neville Andre. FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie