Staking by banke dalk nog afgeweer
Staking by banke dalk nog afgeweer

Staking by banke dalk nog afgeweer

Hanlie Stadler



As jy dié week in Suid-Afrika banksake moet doen, probeer om dit vóór Vrydag af te handel of om dit oor die internet of jou bank se app te doen.

Die vakbond vir die banksektor, Sasbo, gaan voort met 'n beplande staking Vrydag uit protes teen die manier waarop banke herstruktureer. Dit sluit in die spoed ­waarteen fisieke takke gesluit en mense afgelê word.

Daar is wel sprake dat die staking afgeweer sal kan word. Die arbeidshof in Johannesburg lewer vandag uitspraak in 'n aansoek om 'n interdik teen die staking.

Joe Kokela, hoofsekretaris van Sasbo, het voorheen gesê tussen 30 000 en 40 000 mense gaan aan die staking deelneem. Nagenoeg die helfte van die stakende werkers is in Gauteng.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Maandag gewaarsku dat die staking 'n uitwerking op betalings aan en van die SAID kan hê.

Belastingbetalers word daarom aangemoedig om teen vandag alle betalings aan die SAID te gedoen het.

Netwerk24 wag op banke se individuele reaksie op hoe hulle vir die staking voorberei en sal dit bywerk soos dit ontvang word.



FNB se reaksie

• FNB sê die bank het gebeurlikheidsplanne opgestel om te probeer verseker dat sy dienste nie deur die staking ontwrig word nie.

• Die bank doen ook 'n beroep op kliënte om Vrydag hul banksake deur die FNB-app, kitsbanke, aanlyn en selfoonbankdienste te doen.

• Die bank sê hy ondersteun die bedryf se pogings om vriendskaplike oplossings te vind vir die probleme wat die vakbond opper.



Nedbank se reaksie

Deb Fuller, groephoof van mensehulpbronne by Nedbank, sê die bank het alle nodige voorsorg getref om die ontwrigting vir kliënte en personeel te verminder en te verseker dat alle dienste kan voortgaan.

Die bank verwag nie groot ontwrigting aan sy bedrywighede nie, maar sommige takke kan minder mense aan diens hê.

Kliënte word aangemoedig om kitsbanke en digitale platforms te gebruik, wat ten volle op dreef sal bly.

Nedbank verseker dat hy “konstruktief” met Sasbo in gesprek bly oor hul kommer oor werkverliese. “Werkverliese is altyd ons laaste opsie soos ons ons bank aanpas by die veranderende behoeftes van ons kliënte, wat toenemend digitale platforms vir hul behoeftes gebruik.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!