Staking van bouwerk kós staat
Meer geld sal in die komende maande vir die staat beskikbaar wees.
Augetto Graig - Meer as 'n derde van die regering se bouprojekte staan stil en dié wat nog ontwikkel word, is gestaak.
Mnr. Mwiitumwa Mungandi, waarnemende hoof van kapitaalprojekbestuur in die ministerie van werke en vervoer, sê: “Sowat 30 tot 40% van die projekte het tot stilstand gekom. Van die boupersele is verlate en geen stappe is gedoen om die plekke te beskerm nie. Dit is 'n groot probleem.”
Mungandi was een van die paneellede wat gister aan ’n gesprek oor belangrike nasionale infrastruktuur deelgeneem het.
Die gesprek was een van vele wat gister deur die plaaslike raadgewende ingenieursfirma Lithon Project Consultants gehou is om hul 15de versjaardag te vier.
Mungandi sê almal in die bedryf is sedert die hersiening van die begroting in September 2016 geraak.
“Die hersiening van die begroting het gelei tot die vertraging in betalings, somtyds met tot ses maande. Soms is die hoofagente nie betaal nie, en daar was ook vertragings in die betaling van werk wat reeds as voltooi gesertifiseer is,” het hy gesê.
As gevolg hiervan het projekkoste gestyg en baie neem ook langer om te voltooi as die werk hervat word, het Mungandi gesê.
Volgens hom is sy lessenaar volgepak met dokumente rondom regstappe wat kontrakteurs teen die regering doen. Boonop ervaar Namibië groot werkverliese.
Mungandi sê daar is op drie oplossings vir die probleem besluit: om kontrakte op te skort of te kanselleer; om projekte stadiger aan te pak en sodoende binne beskikbare fondsdekking te bly (soos in die geval van Nampol se nasionale hoofkantoor); of om weer oor kontrakvoorwaardes te onderhandel.
Nietemin sal die regering alle kontraktuele verpligtinge nakom en alle fakture van die tweede kwartaal van die jaar betaal, behalwe waar die finale rekening nog onder bespreking of in dispuut is.
Goeie nuus
Goeie nuus vir die regering se geldsake is by dieselfde geleentheid deur mnr. Daniel Steinmann, ’n gasspreker en redakteur van die Namibia Economist, gedeel.
Hy sê die regering sal tot N$3,964 miljard tussen nou en Maart 2018 kan ontvang - dit is 57% meer as wat hy ontvang het tussen Maart en September vanjaar.
Dié geld sal afkomstig wees uit die verkope van en belegging in staatseffekte, asook van tesourierekeninge wat ingesamel word.
Hierna het Steinmann verwys as ’n “blom op ’n kaal vlakte”.
Sy verslag oor onlangse ekonomiese ontwikkeling dui daarop dat die inploffing van die boubedryf soos ’n donker wolk oor die prentjie hang, en dat die res van die ekonomie in ’n redelike toestand is.
Inkomste uit diamante, die grootste bron van Namibië se buitelandse valuta (46%), het gedaal as gevolg van ’n wêreldwye insinking in kommoditeitspryse.
Dít het die regering se vermoë om nog geld te leen, verminder, het Steinmann gesê.
Ten spyte hiervan beskou hy 9 Mei as ’n draaipunt, toe ’n fase van negatiewe likwiditeit tot ’n einde gekom het.
“Skuldinstrumente en krediteure finansier die begrotingstekort,” het hy gesê.
Geld raak goedkoper en die mark was onlangs gewillig om saam te speel, soos bewys is deur die onlangse uitruiling van staatseffekte waardeur die regering in staat gestel is om N$1 miljard te genereer, het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie