Stakings neem toe, en almal kry seer
Stakings neem toe, en almal kry seer

Stakings neem toe, en almal kry seer

’n Rekordgetal stakings het in 2018 nie net tot enorme verliese vir werkgewers gelei nie, maar ook sowat R266 miljoen se lone uit werkers se sak gevat.

Dit is luidens die departement van indiensneming en arbeid se 2018-verslag oor nywerheidsoptrede wat Woensdag gepubliseer is.

Die verslag dui op ’n kommerwekkende neiging van al hoe meer stakings wat alle betrokke partye al hoe meer skade berokken. Hiervolgens het 135 712 werkers in 2018 aan stakings deelgeneem, ’n 11%-toename teenoor 2017.

Die departement wys in ’n verklaring daarop dat die stakings ook werkers nadelig raak en doen ’n beroep op vakbonde om hul lede se griewe beter te bestuur.

Die verslag toon in 2018 was daar 25% meer gevalle waar werk gestaak is teenoor 2017. Die 165 stakings in 2018 is meer as drie keer die getal stakings in 2014.

Die meeste van die stakings in 2018 was in die private sektor en daar was ook ’n beduidende toename in die aantal onbeskermde stakings, sê die departement.

Die sektor vir gemeenskapsdienste, waaronder maatskaplike dienste en munisipale werkers val, het die afgelope vyf jaar meer stakings as enige ander sektor gehad.

In 2018 was daar 77 stakings in dié sektor en het 303 119 werkdae weens die ontwrigting verlore gegaan. Die hoofrede vir dié stakings was ontevredenheid oor werktoestande.

Die vervaardigingsektor het die tweede meeste stakings (23) in 2018 gehad. Dit het gelei tot 227 040 verlore werkdae. Daar is hoofsaaklik om hoër lone gestaak.

Die handelsektor het die derde meeste stakings (21) gehad, wat 180 588 werkdae verlore laat gaan het. Stakings hier was weens griewe wat nie aandag kry nie en looneise.

Werkers in die vervoersektor het in 2018 met R131 miljoen die grootste inkomsteverlies weens stakings gely.

Die hoofrede vir stakings in die algemeen in 2018 was hoër lone (68%). Bonusse was in dié jaar ook ’n groot dryfveer vir stakings. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!