'Stampkar-rugby' ook in landbou ervaar
'Stampkar-rugby' ook in landbou ervaar

'Stampkar-rugby' ook in landbou ervaar

2015-verslag nie goeie nuus vir toekoms
Elvira Hattingh
Dr. Kobus Laubscher



Die jongste oorsig van voedselpryse deur die Nasionale Bemarkingsraad neem 2015 se gebeure van voor die plaashek tot op die verbruiker se bord in oënskou.

Boonop bevestig dit wat die vernaamste oorsake van verbruikers en boere se plat sakke is.

Prysvlakke in Suid-Afrika­ het in die verslagjaar ''n skrille kontras gevorm met wêreldwye tendense, soos weergegee in die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-­organisasie (FAO) se voedselprys-­indekse. Laasgenoemde was in 2015 ''n hele 19% laer as in die vorige jaar as gevolg van die sterker Amerikaanse dollar en die feit dat die aanbod vir verskeie kommoditeite die vraag oorskry het.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die basis waarop die berekening van die verbruikersprysindeks gebaseer is, verander na soos dit Desember 2012 gelyk het. Gevolglik was die goeie nuus dat kosinflasie in 2015 teen 5,11% beduidend laer was as die 7,62% van 2014.

Van die nege provinsies, het die Vrystaat die hoogste kosinflasie van 5,7% gehad, teenoor die Oos-Kaap se 5,3%, wat die laagste in 2015 was.

Die verminderde inflasie­druk het egter nie noemenswaardige stygings in die vraag tot gevolg gehad nie, wat ''n aanduiding is van die druk waaronder verbruikers verkeer.

“Goedkoper” voedsel het weliswaar daartoe gelei dat verbruikers meer gate kon toestop. Dit bevestig ook ander ontledings wat aangedui het dat die verbruiker sy gordel intrek, minder geld op kos bestee en enige bykomende bestedingsvermoë aanwend vir ander uitgawes, wat insluit om skuld af te betaal.

Daar bestaan reeds bewys dat ''n groeiende aantal verbruikers nie oor die vermoë beskik om tot maandeinde uit te kom met die geld wat hulle verdien nie. Gevolglik wend hulle hul tot geldskieters.



pryse ''BOKSPRING''

As gevolg van die droogte, het die pryse van verskeie landbouprodukte in 2015 gebokspring.

Te midde van bykans rekord hoë pryse van byvoorbeeld mielies, ontstaan die vraag oor hoe dit boere bevoordeel het, bygesê dat hoë pryse niks beteken as boere nie graan het om te verkoop nie. Dit was die geval met baie boere.

Die verskil tussen wat die verbruiker betaal en die prys by die plaashek is altyd ''n omstrede onderwerp. Dié “plaashek tot verbruiker marge” is per definisie die verskil tussen die waarde van die finale produk en die plaaswaarde-­ekwivalent. Anders gestel, is dit die verskil tussen wat die verbruiker betaal en die plaaswaarde van die produk.

Dié marge meet dus die gesamentlike bydraes van alle bemarkingsfunksies wat tussen die plaashek en die verbruiker se bord plaasvind.

In die geval van pluimvee het die marge in 2015 matig met 1,8% toegeneem. Vergelyk dit met vars, heel hoenders, waar dit met 56,7% toegeneem het. In die geval van beesvleis het die marge met 1,4% gedaal en op 44,7% in Desember 2015 gestaan. Wat lamsvleis betref, was die marge 44,5% in dieselfde maand, met ''n matige toename in die plaaswaarde. Hoë lamvleis­pryse het produsente dus effe bevoordeel.

In die geval van melk het die marge skerp toegeneem, maar die dalende plaaswaarde is ''n aanduiding van die koste van verwerking. Melkboere het dus rede tot kommer gehad.

In die geval van mielies het die plaaswaarde vir spesiale mieliemeel vanaf 2006 geweldig toegeneem en in Julie 2014 ''n hoogtepunt van R3 515 per ton bereik, waarna dit afgeplat het tot net meer as R1 900 in Desember verlede jaar. Dieselfde stygings geld vir super mieliemeel.

Die bemarkingsraad se verslag dui ook wat die impak van prysveranderings is wanneer verbruikers wat mieliemeel as stapelvoedsel eet, moet kies tussen super en spesiale mieliemeel.



RUILVOET ONDER DRUK

Teen die einde van 2015 was dit duidelik vraag-­geleide-herstel en gevolglike beter ekonomiese groei was net ''n droom en sedertdien het verwagtinge vir groei getaan. Produsente maak gereed om te plant en om die skade van die droogte, ten opsigte van reproduksie van die bees- en skaapkuddes, te herstel.

Die ruilvoet van landbou is en bly egter onder druk.

Dit word gemeet met behulp van die verhouding tussen uitsette en insette. Aanduidings bestaan dat veral ingevoerde inflasie as dit by insette kom, die ruilvoet onder druk kan hou. “Ingevoerde inflasie” is hoofsaaklik die gevolg van ''n sterker Amerikaanse dollar.

Die 2015-verslag bevestig wat ons ervaar het en hou ook nie goeie nuus vir 2016 nie. Landbou sal, soos die res van die ekonomie, in die nabye toekoms ''n spanspeler bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!