Standard Bank op Otjinene van duisende beroof
Meer as N$270 000 is tydens ’n inbraak Dinsdagoggend by die Standard Bank-tak op Otjinene gebuit. Volgens die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke vir die Omahekestreek het boewe tussen middernag en 04:00 met die hulp van ’n blaasvlam toegang tot die bank verkry. Volgens kommissaris Chris Kalimbula is die blaasvlam ook gebruik om die kitsbank oop te sny. Die boewe het spore gemaak met N$276 662. Tot op hede is nóg die boewe nóg die geld gevind. - Nampa
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie