• Tuisblad
  • Sake
  • Standard Bank wag nou vir hof oor valuta-saak
Standard Bank wag nou vir hof oor valuta-saak
Standard Bank wag nou vir hof oor valuta-saak

Standard Bank wag nou vir hof oor valuta-saak

Die stryd tussen die Syid-Afrikaanse Mededingingskommissie en Standard Bank in die saak oor valuta-knoeiery deur banke het feller geword.
Peter Luhanga

Die Suid-Afrikaanse waghond oor teenmededingende gedrag beskuldig Stndard bank daarvan dat hy “prosedures misbruik”.

Dit het aan die lig gekom in ’n verhoor in die Mededingingsappèlhof in Kaapstad waardeur die bank toegang probeer verkry tot inligting oor die kommissie se ondersoek.

“Hoekom wil hulle weet wat die feite teen hulle is as hulle wil saamwerk? Hulle het self die feite.

“Wat ek impliseer, is dat ons hier ’n duidelike teken het van ’n misbruik van prosedures. Dis die hof se plig om partye soos Standard Bank, wat van kartelgedrag aangekla word, te keer om die prosesse van die tribunaal te misbruik,” het adv. Tembeka Ngcukaitobi gesê.

Ngcukaitobi, wat namens die kommissie optree, het aangevoer die bank soek die agtergrond oor die ondersoek ten einde sy antwoordende dokumente op te stel nog voordat hy skuld beken of ontken.

“Daar is ’n risiko dat jy jou weergawe sal aanpas na gelang van die saak teen jou. Die kommissie ondersoek ’n geheime wêreld, en dié ondersoek duur voort.”

Ngcukaitobi bevraagteken die bank se motiewe en weier om te sê op watter gronde die bank toegang tot die kommissie se inligting wil hê.

Hy sê alle inligting oor die ondersoek sal deur die loop van die verhoor beskikbaar gestel word.

Adv. Arnold Subel, namens Standard Bank, sê die bank misbruik nie prosedures nie. Sonder die nodige inligting kan die bank nie sy saak voorberei nie en sal sy reg op ’n billike openbare verhoor ingeperk word.

Altesame 18 banke van oor die wêreld heen word daarvan verdink dat hulle wisselkoerse onderling vasgestel het. Standard Bank appelleer teen die Mededingingstribunaal se besluit dat hy nog nie geregtig is op die Mededingingskommissie se ondersoek-inligting nie.

Die Mededingingsappèlhof het uitspraak voorbehou. – Netwerk24/City Press

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!