Stapper lu00ea 1 900 km vir armes af
Stapper lu00ea 1 900 km vir armes af

Stapper lê 1 900 km vir armes af

'n Australiër het die afstand tussen Noordoewer en Epupa per voet afgelê.
Tanja Bause
Tanja Bause - “Namibiërs is sulke wonderlike mense, hulle het my baie geleer van menslikheid en hoe om ander mense te behandel,” sê die Australiër mnr. Matt Napier.

Napier het op 2 Augustus sy staptog van 1 900 km deur Namibië in Epupa voltooi. Hy het in Noordoewer in die Suide begin stap om geld in te samel vir twee projekte om armoede te beveg.

“Die enigste laagtepunt van my staptog was toe ek ná 'n week se stap siek geword het. Ek was toe in Lüderitz en was vir drie dae bedlêend. Die bestuurder van die Nest Hotel op die dorp het gratis verblyf aan my en my vrou verskaf. Dit is maar net een van vele voorbeelde van hoe Namibiërs my in my staptog gehelp het,” vertel Napier.

Napier se vrou, Wendy, het die ondersteuningsvoertuig bestuur. Sy was verantwoordelik vir hul etes, die behandeling van blase en om almal op sosiale media van Napier se tog op hoogte te hou. Die egpaar het so ver moontlik onder die sterre gekamp.

“Wat vir my tydens die hele staptog uitgestaan het, was die land se besondere natuurskoon - van die sandduine in die Skedelkuspark tot die berge in die Suide. Ek het gevoel of ek in die hemel is.”

Napier het N$420 000 tydens sy staptog ingesamel. Die meeste van die geld is in Australië ingesamel en Namibiërs het ook bydraes gelewer.

Walk to a Better World is 'n bewusmakingsveldtog vir die liefdadigheid­organisasie Towards a Better World. Napier en sy vrou is die stigterslede hiervan en werk saam met 'n span om geld in te samel en bewustheid oor volhoubare ontwikkelingsprojekte dwarsoor die wêreld te skep.

Volgens Napier is hy passievol daaroor om armoede uit te wis en om die wêreld 'n beter plek vir almal te maak. Soos gewoonlik stap hy met 'n sokkerbal onder sy arm. Hy het 200 sokkerballe aan skole en kinders uitgedeel. Dit was die eerste keer dat hy deur Namibië gestap het en hy was só meegevoer deur die land en sy mense dat hy volgende jaar vir drie maande wil terugkeer.

“Ek het 'n paar besigheidsidees en ek wil volgende jaar terugkeer en aan hulle werk. Die meeste van dié idees se wins sal gebruik word om die kwesbaarste mense in Namibië te help om hul lewens te verbeter,” het hy gesê.

In 2019 wil hy van Kaapstad af met 'n fiets deur Namibië na die Malawi-meer ry. Hy wil met 'n kajak na die boonste punt van die meer ry en vandaaraf die boonste punt van die berg Kilimandjaro uitklim.

“Dit is sowat 5 500 km en behoort my so 'n bietjie langer as twee maande te neem,” het hy gesê.

Verlede jaar het hy 2 300 km van Walvisbaai af na Maputo in Mosambiek gestap. Tydens dié staptog het hy N$62 000 vir vier projekte ingesamel.

In 2012 het Napier 3 800 km per fiets deur Australië afgelê as deel van die Make Poverty History-veldtog. Die jaar daarna het hy 'n sokkerbal vir 4 500 km van Perth na Sydney in Australië gebons terwyl hy gestap het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!