Star meer as 8% laer ná 'morsige handelsoorsig'
Nellie Brand-Jonker -
Steinhoff Africa Retail (Star) se aandeelprys het Maandagoggend in 'n stadium met meer as 8% gedaal nadat hy onthul het wat die impak van talle voorsienings gaan wees wat hy moet maak vir skuld en bestuursaansporings.
Star besit onder meer vir Pep en Ackermans. Sy resultate vir die halfjaar tot einde Maart sou gister uitgereik word. Dit is die eerste keer sedert die skokgebeure in Desember by sy moedermaatskappy, Steinhoff, dat Star resultate bekend maak.
Ontleders het die handelsoorsig wat Vrydagaand ná marksluiting uitgereik het, as “morsig” en “kompleks” beskryf.
Hierin sê Star sy wesensverdienste per aandeel gaan tussen 45% en 53% laer wees as in die ooreenstemmende halfjaar.
“Dit is heelwat erger as verwag, maar dit sluit verskeie aanpassings in wat met die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys verband hou,” het FNB Sekuriteite Maandagoggend in 'n nuusbrief gesê.
Aandeelhouers het klaarblyklik nou vir die eerste keer gehoor van 'n waarborg wat Star verskaf het vir die skuld wat aangegaan is deur 'n beleggingskema van die bestuur van die ou Pepkor op grond van Steinhoff-aandele. Pepkor is in 2015 deur Steinhoff gekoop. Geen verdere besonderhede oor dié waarborg of beleggingskema van die bestuur is verskaf nie.
Beleggers het ook nou gehoor van die impak van 'n nuwe aansporingskema om Star se topbestuur te vergoed nadat Steinhoff se aandeelprys ineengestort het. Die topbestuur is voorheen onder 'n aandeleaansporingskema met Steinhoff-aandele vergoed.
“Dit is 'n komplekse handelsverklaring, veral omdat die voorsiening wat gemaak word en die aanpassings aan die aansporingskema nie gekwantifiseer word nie.”
Die voorsiening en aandeleskema is nie deur die mark verwag nie, hoewel FNB Sekuriteite ander aanpassings verwag het.
Investec se makelaars beskryf dit in 'n kennisgewing as 'n morsige handelsverklaring omdat sekere aanpassings aan verlede jaar se syfers gedoen is.
Beleggers hoop Star sou gister meer inligting verskaf oor die Pepkor-skema.
Die aandelehandelaar Karin Richards het op Twitter oor die waarborg en aandeleaansporingskema gesê “ n paar Steinhoff-geraamtes klim uit die kas”.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie