Star verander adres om Steinhoff-skeiding te beklemtoon
Hanlie Stadler
Steinhoff Africa Retail (Star), die Suid-Afrikaanse filiaal van Steinhoff, het nóg 'n tree gegee om hom van sy moedermaatskappy los te sny.
Star het Dinsdagmiddag op die JSE se nuusdiens, Sens, aangekondig hy verander sy geregistreerde adres en kanselleer sekere korporatiewe dienste wat Steinhoff tot dusver verskaf het.
Die maatskappy sê die besluite is in pas met “Star se ambisie om onafhanklik te funksioneer”.
Steinhoff Secretarial Services het gevolglik op 11 Junie as Star se maatskappysekretaris bedank. Pepkor is in dié firma se plek aangewys.
Star verander ook sy geregistreerde adres na Stellenbergweg 36, Parow Industria. Dit was tot dusver wel sy sakeadres, volgens sy jaarverslag.
Dis ook al die jare die adres van Pepkor en die plek waar Christo Wiese, wat Pepkor opgebou het, nog 'n kantoor het.
Die geregistreerde adres was voorheen 6de Straat 28, Wynberg, Sandton.
Steinhoff se geregistreerde adres is Herengracht 466, Amsterdam, en sy sakeadres is die De Wagenweg-kantoorpark, Stellentiaweg, Stellenbosch.
Die adres in Sandton is die adres van Steinhoff Secretarial Services.
Volgens Star is die adresverandering reeds by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer.
Star het sedert Desember 2017 verskeie veranderinge in sy bestuur en direksie aangebring om sy bedryfsonafhanklikheid te probeer bewys. Dit kom nadat Steinhoff International se sake in duisternis gehul is met die aankondiging dat sy jaarresultate nie uitgereik kan word nie.
PwC is sedertdien druk besig om te probeer vasstel of die boeke gekook is en of iemand strafregtelik vervolg kan word.
Markus Jooste het begin Desember as Steinhoff se uitvoerende hoof bedank.
Steinhoff se halfjaarresultate word wel op 27 Junie verwag, maar die resultate vir die boekjaar tot September 2017 gaan eers einde 2018 uitgereik word.
Star het reeds sy halfjaarsyfers uitgereik. Star sluit in Pep, Ackermans, Buco, Bradlows, Tekkie Town en ander welbekende kleinhandelaars.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie