Starbucks skik in rasseherrie
Die koffiereus Starbucks het ooreengekom om met twee swart mans te skik nadat hulle onlangs in een van sy restaurante in Philadelphia in die VSA in hegtenis geneem is.
Starbucks het nie die skikkingsbedrag bekend gemaak nie, maar wel dat dit ook gratis universiteitsopleiding insluit.
Daarbenewens het die mans ’n ooreenkoms gesluit met die stad waarin elkeen ’n simboliese US$1 as skikking ontvang. Die stad sal egter US$200 000 belê om ’n program te begin om jong entrepreneurs te ondersteun.
Die mans is onlangs in hegtenis geneem nadat die restaurantbestuurder die polisie gebel het omdat hulle niks wou bestel nie, maar daarop aangedring het om aan een van die tafels te bly sit.
Donte Robinson en Rashon Nelson het volgehou dat hulle vir ’n sakevennoot wag.
Starbucks het erg deurgeloop onder kritiek oor hoe teen die mans opgetree is.
Die groep het kort daarna aangekondig dat meer as die helfte van sy winkels in Amerika op 29 Mei gesluit sal wees sodat sy werknemers oor diskriminasie, vooroordeel en insluiting opgelei kan word.
Fareed Mohammed, woordvoerder vir Taste Holdings, die Suid-Afrikaanse lisensiehouer van Starbucks, het bevestig dat werknemers hier ook die opleiding sal ontvang.
Robinson en Nelson sê hulle het lank oor die skikking nagedink.
“Ons glo dit is die beste manier om die verandering wat ons graag wil sien teweeg te bring,” sê hulle oor die plan om entrepreneurs te ondersteun.
“Dit is nie iets wat oornag gaan gebeur nie, maar ek dink ons sal mettertyd veranderings sien,” sê Robinson.
Die stad het ingestem dat alle bewyse van hul inhegtenisneming vernietig sal word.
Nelson sê terugskouend en wat alles hieruit kan voortspruit, lyk dit of hulle “op die regte tyd op die verkeerde plek was”. – Netwerk24/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie