Stasiebevelvoerder van Rehoboth se lyk gevind
Stasiebevelvoerder van Rehoboth se lyk gevind

Stasiebevelvoerder van Rehoboth se lyk gevind

Francoise Steynberg
Die stasiebevelvoerder van die Namibiese polisie (Nampol) op Rehoboth se lyk is gister omstreeks 18:20 by die MTC-toring in die Blok G-woonbuurt op die dorp gevind.

Volgens die nasionale woordvoerder van Nampol, adj.komm. Kauna Shikwambi, het hoofinspekteur Max Kastoor Joodt (49) vermoedelik tussen Sondag en Dinsdag homself om die lewe gebring.

"Sy liggaam is met 'n kopwond gevind. Geen selfdoodbrief is op die toneel gevind nie," het sy gesê.

Kinders wat gisteraand agter die M&K Gertze Hoërskool in die koppies gaan draf het, het na bewering op die oorledene se liggaam afgekom.

Volgens Shikwambi is die oorledene se familie van sy dood ingelig en die polisieondersoek duur voort.

Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!