Statebondskonferensie 'lei olifant uit bos'
Statebondskonferensie 'lei olifant uit bos'

Statebondskonferensie 'lei olifant uit bos'

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Namibië moet by tegnologie aanpas en in die jeug belê.
Dít is die kerngedagtes van die Statebond se Opvoedkundekonferensie (CEC) wat vanjaar vir die eerste keer in 58 jaar nie in Londen plaasvind nie, maar in Namibië, by die Universiteit van Namibië (Unam).
By die opening van die konferensie het prof. Kenneth Matengudie, die universiteit se pro-visekanselier vir navorsing, vernuwing en ontwikkeling, die visekanselier van die instelling, mnr. Lazarus Hangula, verteenwoordig.
Matengudie het gesê die tema van die byeenkoms is “Lei die olifant uit die bos”, en het bygevoeg die daad moet by die woord gevoeg word.
By dieselfde geleentheid het die voorsitter van die CEC, mnr. Sonny Leong, gesê die impak van tegnologie op arbeid moet bespreek word.
“Ons almal ken die uitdagings,” het hy gesê.
Volgens Leong sal sowat 30% van die huidige arbeidsmag in die toekoms hierdeur geraak word.
Die meeste poste sal verander eerder as om te verdwyn. Transformasie sal dus op hierdie manier plaasvind, het Leong gesê.
Ongelykheid in inkomste sal toeneem omdat die grootste deel van die ekonomie aan diegene met vaardighede behoort, het hy gesê.
Hy het voorts gesê geleerdheid moet die ekonomie ondersteun.
“Ons moet mekaar uitdaag om meer te dink oor waarheen ons op pad is, waar ons faal, en hoe ons daarop kan verbeter,” het hy gesê.
Me. Patricia Scotland, QC, sekretaris-generaal, het by die byeenkoms gesê die sekretariaat beywer homself vir die bekamping van geslagsgebaseerde geweld, geweld en klimaatsverandering en dat onderrig betrekking het op al hierdie kwessies.
Sowat 60% van die bevolking van Statebondslande is onder 30 jaar en dit het 'n groot impak op die ­ontwikkeling van dié lande se ekonomie.
“Dit is belangrik om in die opvoeding van die jeug te belê en saam met hulle te werk om toegang tot werksgeleent­hede in die toekoms te verseker.”
Scotland het voorts gesê die jeug moet aangemoedig en ondersteun word om hul potensiaal te bereik.
Volwassenes moet ook hul vaardighede uitbrei om aan te pas by 'n moderne wêreld, het sy gesê.
Scotland het gesê om hierdie doelwitte te bereik moet vennootskappe en samewerking versterk word, in ooreenstemming met doelstelling 17 van die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) – onder meer by universiteite, professionele instellings, ondernemings en nywerhede.
Dr. Becky Ndjoze-Ojo, adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, het gesê hierdie geleentheid is uniek vir Afrika en veral vir Namibië.
Kapasiteitsbou deur middel van tersiêre onderwys, digitale opvoeding en openbare toegang tot inligting, asook die impak van onderwys op die kennisekonomie sal by die konferensie bespreek word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!