Steeds hengelpermitte oor naweke
Steeds hengelpermitte oor naweke

Steeds hengelpermitte oor naweke

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het in ‘n kort verklaring beloof die ministerie gaan voort om oor naweke en op openbare vakansiedae hengelpermitte vir ontspanningsdoeleindes uit te reik.

Volgens die verklaring, wat deur mnr. Ueritjiua Kauaria, permanente sekretaris van die ministerie, uitgereik is, doen gerugte tot die teendeel die ronde.

“Die ministerie sal voortgaan om hengelpermitte as volg uit te reik: Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 en 14:00 tot 17:00 by die hoofkantoor in Windhoek; Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 by die ministerie se kantore aan die kus, en naweke en openbare vakansiedae van 08:00 tot 13:00 by die ministerie se kantore aan die kus,” lui die verklaring.

Dié tye geld net vir hengelpermitte vir ontspanningsdoeleindes.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!